Polisieman sterf toe vier op hom losbrand

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

ʼn Polisiekonstabel van Port Elizabeth is Dinsdag dood toe hy ʼn verdagte voertuig voorgekeer en die insittendes onverwags op hom losgebrand het.

Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 15:00 in Mendiweg in New Brighton gebeur. Volgens Beetge het die 35-jarige konstabel en sy kollega, ʼn sersant, ʼn verdagte Toyota Etios voorgekeer.

“Terwyl die twee polisiebeamptes uit hul gemerkte polisievoertuig geklim het, het vier verdagtes ook uit die Etios geklim. Die verdagtes het onverwags vuurwapens te voorskyn gebring en op die beamptes losgebrand,” het Beetge gesê. Die konstabel is verskeie kere geskiet terwyl die sersant daarin kon slaag om skuiling teen die koeëlreën te vind.

Oomblikke later het nog ʼn polisievoertuig op die toneel aangekom, onwetend van wat pas gebeur het. Die verdagtes het ook onmiddellik op dié voertuig losgebrand en die polisiebeamptes het teruggeskiet. Ondanks die skietgeveg kon die verdagtes daarin slaag om te vlug, het Beetge gesê.

Die beamptes op die toneel het versterking ontbied en die gewonde konstabel is onmiddellik na ʼn hospitaal gehaas. Hy het op pad na die hospitaal gesterf.

Genl.maj. Dawie Rabie, bevelvoerder van die Motherwell-polisiëringsgebied, het sy medelye met die oorledene se naasbestaandes en kollegas betuig. “ʼn Volledige ondersoek sal gedoen word. Ons sal geen steen onaangeroer laat nie om seker te maak dat hierdie moordenaars gevind word en aan die pen ry,” het hy gesê.

Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om lt.kol. Smidt by 082 441 8121 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

Die naam van die oorledene is nog nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Cynthia TREDOUX ·

My dogter en gewese man…was albei lede van die SAPD! Jy gaan die ondersoek van n VERDAGTE VOERTUIG…met BAIE ONDERSTEUNING tegemoet…al hoe meer SAPS lede sterf as ge volg van nalatigheid…en die EEN/TWEE MAN wat verdagte voertuie wil deursoek. Jammer…maar dis so tragies…en mens sou ding hul sal LEER uit hierdie foute…maar dit blyk nie die geval te wees nie.

Charmaine ·

Dit gaan wors i hierdie kand hier by ons betooh hulle ook het kole en bande aan die brand gesteek

Charmaine ·

Askuus die spelfoute hier betoog hulle ook op Arnot by eskom het bande aan die brand gesteek en kole by die ingange

Johan.H ·

Jammer man!! Maar ek moet vra julle is dan nou die bewakers Met vuurwapens En opgelei!!?? Ek neem aan “opgelei” Maar julle wil die wetsgehoorsame vuurwapen eienaars ry, oor n tegniese punt oor die lisensies,,Hoe dink JULLE moet die publiek nou voel????SIEN JULLE POLISIE MANNE HOEKOM MOET ONS VUURWAPENS MOET DRA,,Ons soek julle ondersteuning sodat ons Julle hande kan versterk,,, Ek dink jul topbstuur moet ophou “spitefull” wees en ons help,,,LOS al die Ego”s by die huis ,ly julself op en siedaar!!,Sterkte aan die families,!

Slap ·

Wel daar word so baie polisie deesdae by kriminele dade al geimpliseer en soveel polisiemanne staan en KYK hoe betogers mense se huise afbrand, hoe mense aangeval word REG voor hulle .. geen wonder nie. Wat jy saai sal jy maai. Die polisie is so NYDIG op ons wapens, as mens by ‘n polisiekantoor jou wapenlisensie wil gaan hernu is hulle so ongeskik en gooi die papiere en jou lisensie vir jou . hulle draai so stadig as moontlik met EEN rooi pen om jou vorms te merk wanneer jy dit ingee, hulle TART jou absoluut uit as jy die polisiestasie gaan besoek .. HET HIERDIE MANNE wat hulle aangeval het GELISENSIEERDE Wapens gehad?? NEE maar julle wil WITTES se wapens afvat .. jammer maar dit is die direkte gevolg van SLAP polisie!

Vraagteken ·

En tog; sodra jy in die moeilikheid is, dan is jy die eerste om die polisie te bel vir hulp.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek en my broer het verlede Sondag in ‘n doodloopstraat in gery….agter ons het daar ‘n pers BMW met vier insittendes in getrek. My broer se reaksie was “ons word gekaap”….en het omgedraai en weggejaag (met skade aan sy voertuig). Is dit nie ongelooflik tragies dat DIT is hoe ons leef nie? As jy geld trek by ‘n ATM kyk jy oor jou skouer. As jy aangery kom na jou huis toe, kyk jy wie’s in die straat. As daar ‘n geparkeerde voertuig in jou woonbuurt staan skakel jy sekuriteit. As iemand by jou hek staan maak jy die honed oop en voel waar’s jou vuurwapen. As iemand in ‘n parkeerterrein na jou toe loop begin jy paniekerig raak en wegstap. Dis mos nie lewe nie?

Nettie ·

@Gemaskerde Sopbeen – wat jy sê, is SO waar!!!

Maar eerder Bang Jan as Dooi’ Jan, sê ek. Ek trek nie meer geld by ‘n ATM nie; ek doen dit by die supermark; ek loop ‘gewapen’ rond – met ‘n klein botteltjie pepersproei en my motorsleutel gereed tussen my wys- en middelvinger (ek steek enige aanvaller se oë daarmee uit!) oppad na my kar toe.

As ek aankom by die huis, kyk ek eers vir enige rondlopers of verdagte items in/om/voor my hek en kyk of my honde uitkom (as hulle nie uitkom nie, druk ek die paniekknoppie en wag vir die ‘armed response’). Dan ry ek in, sluit my kar, maak seker die alarm is aan, verdwyn in die huis in en voor ek alles weer sluit, gaan ek elke vertrek na om te sien of alles nog reg is. Dan sluit ek alles en sit die alarm aan en gaan soos ‘n “hermit” in my deel van die huis in.

Dankie aan die ANC – vir “the New SA”, waar ons maar van dag tot dag nie ‘lewe’ nie, maar ‘bewe’.

marous ·

Hierdie is net die begin. Dit wat gaan kom sal Rwanda soos ‘n kleuterskool parytjie laat lyk. Anargie sonder ‘n polisiemag of weermag wat opgewasse is , het die land klaar oorspoel. Alles is in skerwe en daar is geen vooruitsig van herstel nie . Dis die feite ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.