Polisieman, talle vas vir dwelms, onwettige sigarette

Foto: SAPD

Altesaam 16 mense is in Limpopo in hegtenis geneem vir die besit van dwelms en onwettige sigarette.

Lede van die Limpopo-hoofwegpatrollie het die 16 verdagtes, tussen 25 en 41 jaar oud, die afgelope week tydens verskeie operasies in hegtenis geneem.

ʼn 36-jarige konstabel wat by die Apel-polisiestasie in die Sekhukhune-distrik gestasioneer was, is tydens ʼn stop-en-deursoek-operasie in hegtenis geneem nadat daar dwelms in sy besit gevind is. Daar is op 20 sakkies nyaope beslag gelê wat in die beampte se motor gevind is. Daar is ook op ʼn vuurwapen en ammunisie beslag gelê.

Foto: SAPD

Nog 11 verdagtes is in Polokwane aangekeer en daar is op nyaope, dagga en onwettige sigarette beslag gelê.

Daar is ook op ʼn wenk gereageer en ʼn 36-jarige eienaar van ʼn snoepwinkel is in hegtenis geneem terwyl daar op nege kartonne onwettige sigarette beslag gelê is.

In die Hlogotlou-omgewing in die Sekhukhune-distrik is ʼn 25-jarige man in hegtenis geneem nadat daar op meer as 1 000 sakkies nyaope en 170 sakkies tik by ʼn huis afgekom is. In nog ʼn voorval in dieselfde gebied is twee verdagtes, 28 en 35 jaar oud, in hegtenis geneem nadat daar op 65 sakkies dagga afgekom is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanR ·

Toe ek soe vlugtig kyk toe dog ek die se “President Nkosazana Dlamini-Zuma vas vir dwelms, onwettige sigarette! Amper dog ek my naweek is volmaak!

Persheks Adri ·

Sluit toe en gee swaar strawwe! Al weer ‘n polisieman ook. Wat ‘n skande SHAME ON YOU!

Casper ·

Hoeveel kriminele is daar nog in die SAPD.Teen die tyd wat almal gearresteer is gaan niemand oorbly nie.Tot die oom met die hoed se naam word genoem.Tot met die Senakal tragedies word polisielede geimpliseer.

Persheks Adri ·

Tog gebeur daar NIKS met hulle nie en hulle was daar toe hulle KILL THE BOER gesing het ook! Kan nie verstaan dat hulle nie hulle werk doen nie useless verby!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.