Polisieman toe slagoffer van Sandton-skietery 

‘n Skermskoot uit die video.

Die motoris wat Donderdagoggend helder oor dag by ʼn verkeerslig in Sandton, Gauteng, doodgeskiet is, was  ʼn polisiesersant wat by City Deep gestasioneer was.

Sers. David Tsedu het in Katherinestraat in Sandown gery toe hy deur onbekende verdagtes afgemaai is.

Die verdagtes het die lid na bewering van sy dienspistool en ander items beroof voordat hulle in ’n wegkomvoertuig van die toneel gevlug het.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Genl. Khehla Sithole, polisiekommissaris, het opdrag gegee dat die polisie se 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel word om die voorval te ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig dat Tsedu, toe nog nie geïdentifiseer nie, ten aanskoue van hulpelose bystanders deur twee mans in sy Volkswagen aangekeer, beroof en geskiet is. Die voorval is ook op video vasgevang.

“Die polisielid is na ’n nabygeleë hospitaal geneem, maar het ongelukkig met sy aankoms aan sy beserings beswyk,” het die polisie Donderdag in ʼn verklaring gesê. Sithole het die aanval veroordeel en sy medelye aan die familie, vriende en kollegas van Tsedu oorgedra.

“Die motief vir die voorval is die fokuspunt van ons ondersoek. Ons sal nie rus totdat diegene wat agter hierdie brutale aanval sit, aangekeer is nie,” het Sithole gesê.

Enigeen met inligting word aangemoedig om die polisie by die misdaadstop-noodlynnommer by 086 00 10111 te skakel of die MySAPS-app op enige slimfoon af te laai.

Die polisie sê inbellers word daaraan herinner dat hulle anoniem mag bly en dat alle inligting as vertroulik hanteer sal word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Casper ·

Met hoedman se stilswye erken hy misdaad is buite beheer en dat hy nie bevoeg is vir sy pos nie.Almal sien dit behalwe Ramaphosa en dit is een van die redes wat aangevoer word hoekom daar ‘n mosie van wantroue teen hom ingestel is.

kaplyn ·

Ek stem saam met jou dat hoedman nie bevoeg is vir sy pos nie, maar ek stem nie saam dat dit een van die redes is dat daar n mosie van wantroue teen Ramaposa ingestel is nie. Die ATM wat die wantroue wil instel, is deel van die Zuma faksie, en hulle wil die wantroue instel om die water te toets vir volgende jaar se ANC konferensie, waar Ramaposa gaan probeer om vir nogn termyn as die cANCer party se president te dien. Met n geslaagde mosie van wantroue teen Ramaposa, gaan die Zuma faksies (waaronder die ATM tel en wat maar twee setels in die parlement het) seker vir Mabuza (ookn Zuma man) (die huidige Adjunk van Ramaposa) voorstel as hulle kandidaat vir presidentskap van die cANCer party.

Genis ·

Met al Zuma se skelmstreke dink ek hy dalk gevaar as Ramapaddapot… Om die minste te se….

Genis ·

Cele is onbevoeg aangestel om na die ANC se pype te dans… As ek dit nie mis het, is hy ook n Zulu

Nozi ·

Kyk die video, watse ander inligting soek jul. Hierdie raak so allerdaags, dit is glad nie meer snaaks om van moord en dood te hoor nie. My innige simpaties met geliefdes en vriende wat nou met groot seer sit en die verlange na ‘n geliefde wat sommer net so deur wetenlose rubish van hul af weggeskeur is. Mag God jul vertroosting en berusting gee.

Johan ·

Die 72uur aktiveringsplan sy hulle? Word dit ook in werking gestel met elke plaasmoord of aanval? Krimenele in DIE land het ook soveel regte, gn wonder hul doen nou hul aktiwiteite helder oordag. Bring doodstraf terug en kry orde in ons pragtige land. Teen die tempo, gaan ons kinders nie meer n land oor he om in te lewe nie

kaplyn ·

Die doodstraf gaan seer sekerlik deur die kommuniste gebruik word om die Afrikaner uit te wis. Solank as wat die komuniste die land regeer sê ek nee vir die terugbring van die doodstraf.

Samuel ·

Nog ‘n sinnelose moord op ‘n polisielid. Simpatie met sy naasbestaandes en kollegas. Mag die booswigte vinnig in hegtenis geneem word en na regte gestraf word.

Harley Davidson ·

Dit moet ‘n motivering wees vir die polisie om hulle werk te doen en die kriminele te vang .

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Tragies. Tragies. Tragies.

My geboorteland bloei. Goeie Suid-Afrikaners beleef die volgehoue aanval van die GIERIGHEID-pandemie wat verwoesting saai: stroping van die omgewing en natuurlewe en die menswaardigheid en lewens van Suid-Afrikaners.

Waar is die nodige entstowwe? Waarheen is Suid-Afrikaners op pad?

Herpiet ·

Alles word “veroordeel” en “ondersoek” maar daadwerlik uiters min GEDOEN.
Vervalle korrupte onbevoegde Saps

Swerwer ·

Dit maak nie saak watter beroep jy beklee nie, dit gee niemand die reg om ander se lewens te neem nie.
Dit blyk dat diè wat dit doen, so opgevoed is en dit as ‘n beroep in die Nuwe Suid Afrika beoefen.

007 ·

Hoekom sit Sit hole nogsteeds in daardie stoel. Totdat hy en Hoed gefire word sal dit nie beter gaan nie. Jammer vir die slagoffer. RIP

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.