Polisieman tronk toe ná hy omkoopgeld vra

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiesersant van Limpopo is tot vier jaar tronkstraf gevonnis vir korrupsie nadat hy omkoopgeld geëis het om ʼn ondersoek te laat ontspoor.

Volgens kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, is Mahlora Harry Nchabeleng (37) in die Tzaneen-landdroshof tot vier jaar tronkstraf gevonnis.

Nchabeleng, wat aan die Mankweng-polisiestasie verbonde was, is in Oktober 2016 aangesê om moontlike bedrog te ondersoek. Hy het ʼn verdagte opgespoor maar in plaas daarvan om ʼn inhegtenisneming te doen, het Nchabeleng R3 000 van die verdagte geëis om die ondersoek te laat ontspoor.

Die voorval het onder die Valke se aandag gekom en Nchabeleng is in Julie 2018 by sy werkplek in hegtenis geneem. Hy is vroeër tot en met sy skuldigbevinding op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Genl. Thobeka Jozi, hoof van die Valke in Limpopo, het die vonnis verwelkom en die hoop uitgespreek dat dit as ʼn waarskuwing sal dien vir ander polisiebeamptes wat by korrupte aktiwiteite betrokke is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Pieter ·

Welkom in afrika dit is mos normaal gaan in howe ook so. Die land se regstelsel is n grap die wet is daar om die skelms te beskerm kyk maar na die ANC hulle plunder miljarde maar niemand gaan tronk toe nie

Kobus ·

Fantasties! Maar waarom n arme polisieman uitsonder? Wat van die ministers ,Zuma,Malema en kie?

Leon ·

Julle vang die klein vissies en beïndruk sommige. Maar die groot visse lag nog al die pad bank toe. Want hulle het “connections”

Cornelius ·

Hoe dom en gierig kan jy wees. Die land het n kriminele nes geraak met n skurk agter elke bos.

Realis Thailand ·

Hoe se hulle one down many more to go.
Die valke kan net onder die Polisie en verkeersbeamptes die tronke vul

Jakes ·

Glad nie nuuswaardig nie want dis omtrent algemene praktyk onder sekere polisiemanne of vroue.

Niklaas ·

Nou wat daarvan? Dit gebeur deesdae so baie dat dit normaal voorkom. Die groot kokkedore wat miljoene skep, moet ook ‘n bietjie vervolg word

Piet parys ·

Hy sal natuurlik met die volgende groep van 17000 gevangenis vrygelaat word en boonop sy ou werk terug kry

Moedeloos ·

Ek hoop hy word nooit ooit weer toegelaat as n polisiebeampte nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.