Polisieman, twee ander vas ná inbraak

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Drie verdagtes, insluitend ʼn polisiebeampte, is in hegtenis geneem op aanklag van huisbraak en diefstal.

Lt.kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes het Vrydag in die Viljoenskroon-landdroshof in die Vrystaat verskyn. Volgens Bambo is konst. Thembile Lennox Mbona (33) op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Die ander twee verdagtes, Mpiyakhe July (22) en Nthotho Seitshero (19) bly in aanhouding. Mbona het gesê Mpiyakhe en Nthotho is Dinsdag in hegtenis geneem nadat daar ʼn inbraak was by ʼn vroulike polisiekonstabel van die Viljoenskroon-polisiestasie se huis, waar goedere ter waarde van R10 500 gesteel is.

Konst. Mbona, wat ook aan die Viljoenskroon-polisiestasie verbonde is, is Donderdag in hegtenis geneem nadat dit tydens die ondersoek aan die lig gekom het dat hy die beweerde meesterbrein was agter die inbraak. Die gesteelde items is glo by die konstabel se huis gevind.

Die verdagtes sal weer op 8 Julie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Poppie ·

En omdat hyn polisieman is, kry hy borgtog. Dit is hoekom hul doen net wat hul wil!

Voetsekbiets ·

Ja …. Ek stem saam maar die land is in korrup gehul.

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek stem saammet jou Poppie , hy is die knaap wat juis moet toegesluit bly , siende dat hy tog die kriminele meesterbrein agter die misdaad is, en daarby n polisieman.

George ·

Ek hoop hy word skuldig bevind en permanent uit die polisiemag verwyder. Skuim soos hierdie vernietig die laaste bietjie vertroue op die polisie.

Grysie ·

Almal in die saps is nie korrup, sleg of skelm nie. Ek het al 25 jaar diens sonder enige moeilikheid. Ja seker 80% is presies soos julle hierbo beskryf maar daar is nog goeie saps lede. Dog ek se maar net!!!

pieta ·

Ek stem volmondig saam met jou Grysiew, mens moenie veralgemeen nie.

Giepa ·

Ek berbonde aan die SAP in die verlede was ek trots om dit te sê, ma nie meer nie. Kyk net watter tipe ons moet saam werk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.