Polisiebeampte tydens rooftog doodgeskiet

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn 36-jarige polisiebeampte is Dinsdag in die vroeë oggendure tydens ʼn rooftog by ʼn winkel in KwaZulu-Natal doodgeskiet en nog ʼn beampte is gewond.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in die sakegebied van Ixopo plaasgevind.

“Die beamptes was op patrollie toe hulle op ʼn rooftog by ʼn supermark reageer het,” het Zwane gesê. “ʼn Onbekende aantal verdagtes het op die slagoffer en sy 28-jarige kollega losgebrand toe hulle by die toneel opdaag.”

Die 36-jarige beampte, ʼn konstabel verbonde aan die Ixopo-polisiestasie, is in die nek getref en is op die toneel dood. Die 28-jarige beampte het wonde aan sy arm, maag en bors opgedoen.

Die verdagtes het met ʼn onbekende hoeveelheid geld in ʼn voertuig van die toneel gevlug.

Die gewonde beampte is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem.

Die Ixopo-polisie ondersoek ʼn saak van moord, poging tot moord en roof. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JC ·

Ai tog!!
Ek het BAIE respek vir die SAPD. Sterkte ouens, en baie dankie vir die werk wat julle ELKE LIEWE DAG doen onder moeilike omstandighede:-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.