Polisieman vang niksvermoedende wiel-dief

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Polisieman wat nie aan diens was nie, het Donderdag ʼn man in hegtenis geneem wat na bewering ʼn motorwiel en –band gesteel het.

Die 20-jarige man is in High-straat in Butterworth in hegtenis geneem, sê kapt. Jackson Manatha van die Oos-Kaap SAPD.

Toe die offisier hom uitvra na die band in sy besit, het die man gesê hy gaan ʼn lekplek in die band herstel.

“Toe die verdagte besef hy is uitgevang en dat hy in hegtenis geneem gaan word, het hy begin weghardloop, maar die konstabel het hom ingehaal en gevang,” het Manatha gesê.

Die man sou na verwagting Vrydag in die Butterworth-landdroshof verskyn het.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.