Polisieman vas na bomdreigement

Foto: @raahil_sain/AlgoaFM/Twitter

Foto: @raahil_sain/AlgoaFM/Twitter

Dele van die Greenacres Mall in Port Elizabeth is Vrydagmiddag ontruim ná ʼn bomdreigement by een van die banke in die sentrum.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het omstreeks 13:30 ʼn noodoproep ontvang oor ʼn bomdreigement by die Absa-bank in die winkelsentrum.

Volgens Janse van Rensburg het ʼn 38-jarige man die bank binnegegaan en glo aan bankpersoneel gesê hy gaan ʼn ploftoestel aktiveer indien daar nie aan sy eise gehoor gegee word nie. “Die polisie se honde- en bomeenheid het vinnig reageer en almal uit die bank ontruim. Die beamptes het die bankperseel deursoek en gevind die verdagte het nie ʼn ploftoestel in sy besit nie.”

Janse van Rensburg het gesê die verdagte is in hegtenis geneem en sal Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn op aanklag dat hy ʼn vals bomdreigement gemaak het. Sy het bevestig dat die verdagte ʼn polisiebeampte is. “Die beampte het voor die voorval berading ontvang van die SAPD se werknemerwelstandafdeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HEVW ·

hoef nie juis n bomdreigement te maak nie. baie van hul is in sigself n gevaar vir die samelewing

Berhalet Beukes ·

Berading vir wat? Kriminele neigings? SAPD moet ‘n slag bykom!

Peet Schabort ·

Jy is reg Berhalet. Nou wonder mens van diegene wat by die voorval betrokke was, gaan hulle ook GRATIS berading kry? Ook hulle wat deur die SAPD behandel word/is soos asof daar met vuilgoed gewerk word terwyl daar later blyk dat hul heel onskuldig is/was en selfs OPGESLUIT word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.