Maroela Media het vroeër berig 14 gevangenes het ontsnap nadat hulle ʼn opening in die versterkte maasdraad, wat die buitenshuise oefenarea van die selle bedek, gesaag het. Kort hierna het die polisie egter gesê net 13 gevangenes het ontsnap en nie 14 soos oorspronklik vermoed nie.
Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het Maandag gesê ao. Alias Mothloki (56) is Vrydag deur Modimolle-speurders in hegtenis geneem. Hy het na bewering geld ontvang om die verdagtes te help ontsnap.
Mothloki het in die hof verskyn op 13 aanklagte van korrupsie en die verlening van hulp en bystand aan ʼn gevangene om te ontsnap. Hy is op borgtog van R1 500 vrygelaat en sal op 3 Junie weer in die hof verskyn.
Volgens Otto is nege van die 13 verdagtes wat ontsnap het, intussen weer in hegtenis geneem. Given Mogashone, Dennis Jove, Forgive Mgube en Collin Muleya is steeds op vrye voet.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Jy sien ! Alweer n inside job !
Ons het dit almal geweet, gladnie moeilik om dit uit te werk wanneer polisie daarby betrokke is nie!!!
Sien dis wat gebeur as jy 2 jaar opleiding ondergaan dis hoekom hulle dit nou verminder na 8 maande
Wil voorkom of dit n algemene ding is …as jy maar hoor het mense ontsnap ….is so baie lede dan korrup ….geen waardes …its all about a quick buck …tragies
Weer uit op borgtog hy is gevaar vir samelewing joe