Polisieman vas na gevangenes ontsnap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte is in hegtenis geneem in verband met die voorval in Maart, toe 13 verhoorafwagtende gevangenes uit die aanhoudingselle by die Modimolle (Nylstroom)-polisiestasie in Limpopo ontsnap het.

Maroela Media het vroeër berig 14 gevangenes het ontsnap nadat hulle ʼn opening in die versterkte maasdraad, wat die buitenshuise oefenarea van die selle bedek, gesaag het. Kort hierna het die polisie egter gesê net 13 gevangenes het ontsnap en nie 14 soos oorspronklik vermoed nie.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het Maandag gesê ao. Alias Mothloki (56) is Vrydag deur Modimolle-speurders in hegtenis geneem. Hy het na bewering geld ontvang om die verdagtes te help ontsnap.

Mothloki het in die hof verskyn op 13 aanklagte van korrupsie en die verlening van hulp en bystand aan ʼn gevangene om te ontsnap. Hy is op borgtog van R1 500 vrygelaat en sal op 3 Junie weer in die hof verskyn.

Volgens Otto is nege van die 13 verdagtes wat ontsnap het, intussen weer in hegtenis geneem. Given Mogashone, Dennis Jove, Forgive Mgube en Collin Muleya is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hendrik ·

Ons het dit almal geweet, gladnie moeilik om dit uit te werk wanneer polisie daarby betrokke is nie!!!

PJ ·

Sien dis wat gebeur as jy 2 jaar opleiding ondergaan dis hoekom hulle dit nou verminder na 8 maande

Lance ·

Wil voorkom of dit n algemene ding is …as jy maar hoor het mense ontsnap ….is so baie lede dan korrup ….geen waardes …its all about a quick buck …tragies

Buitestander ·

Het sekerngeld dringend nodig gehad en dit is ‘n vinnige manier om dit in die hande te kry.

Ben Prinsloo ·

Jammer om te sê maar n groot gedeelte van die huidige polisiemag lyk soos hy. Dan is die borgtog net R 1500.00. Skande.

Joann ·

Pj. Nee man as hul in 2jr. Nie kan leer nie hoe gaan hul in 8maande leer? Hul is lankal so sleg en onbetroubaar. En dit sluit blankes in hoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.