Polisieman vas ná hy glo kollega doodskiet

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Beampte van die Sterkspruit-polisie in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy een van sy kollegas doodgeskiet en nog een gewond het.

Kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie beamptes, wat almal van diens was, was die aand van 23 Junie saam by een van die beamptes se huise. Die verdagte en een van sy kollegas, ʼn konstabel, het omstreeks 23:00 die aand in ʼn woordewisseling betrokke geraak.

Volgens Soci het die verdagte die konstabel begin aanrand, waarna die ander beampte tussenbeide probeer tree het. Die verdagte het glo sy vuurwapen uitgeruk en die beampte wat tussenbeide probeer tree het doodgeskiet. Hy het glo hierna die konstabel in die onderlyf geskiet. Die konstabel is na ʼn hospitaal gehaas en is vanoggend [Vrydag] ontslaan.

Soci het gesê die verdagte sal Maandag in die Sterkspruit-landdroshof verskyn op aanklag van moord en poging tot moord. Die saak word ook deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek. Die polisie se bestuur in die Oos-Kaap het hul medelye betuig met die afgestorwe beampte se familie, vriende en kollegas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

SNEL ·

Was my eerste gedagte ook. Dis nou die mense wat ons moet beveilig en na wie toe jy moet gaan vir hulp as jy in nood is en kyk hoe hak hul koppe uit. Daai dae is duidelik lankal verby, jy moet eerder van hulle weghol. Agge nee, en ek sien Capt Antonio van die buiteland is ook weer hier om iets te sê. Snaaks dat mens nooit ooit gehoor het dat van die plosie so baie gesinsmoorde pleeg of van hulle kollegas vermoor nie, duidelik is die wat aangestel word nie reg gekies nie en moet hulle nie eers in die besit van n vuurwapen wees nie. Daar moet ook sielkundige ontleding gedoen word voor daar net gewere en mag aan n persoon uitgedeel word. Wat van die polisieman wat die vrou in haar kar voor die polistasie koelbloedig doodgeskiet het sonder rede. Hy het net uitgeloop en op haar geskiet. Sy was iemand se dogter, kleinkind wat nie verdien het om te sterf en dit deur die hand van iemand wat haar moes beskerm het nie.

Dave ·

Snel, wat het van daardie moordsaak geword? Die vrou wat in haar kar deur ‘n polisieman vermoor is? Ek kan nie onthou dat ek ooit van die afhandeling daarvan gelees het nie.

Capt. (Retired) Paulus Antonio ·

Stop being such a nagging pain. They are but also only human and, like us all bound to make errors of judgment. Pray for them in stead of being so negative. He could have been your son or grandson for that matter. Where is, the love ?

Dave ·

Antonio, waarom kry jy nie jou ry nie? Jy het mos gesê dat Afrikaans jou moedertaal is maar nou wil jy in Engels skryf.

SNEL ·

Dave, so ver ek weet, ek kan verkeerd wees, maar het daar niks van gekom nie, hy het gesê hy het gedink die kar word beroof of so iets en is toe vrygespreek. Ek verbeel my dit was so iets, want ek het nog daai tyd gedink as ek haar ouers was, sou ek woedend gewees het as my kind se moordenaar met n tik oor die vingers los kom.

Peet Schabort ·

“Van diens AF”. Beteken dit met sy privaat wapen of met sy aandiens-wapen die skietery ? Iets anders moes ook hier ‘n rol gespeel het.
Wees versigtig om ‘n geveg te wil stop want hierdie is nie die eerste keer dat die vredemaker aan die pen ry.

Kaptein (Afgetree) Paulus N Antonio ·

Ja, Pete, you are completely right and in my humble opinion reasoning like a man with great knowledge. True. These men and women in blue should always be evaluated in terms of their” psychological preparedness” whether they are fit to carry a firearm or not.

buddy ·

Ek glo polisie beamptes moet slegs wapens dra as hulle aan diens is,meeste verliese en geweld gebeur na ure

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.