Polisieman vas ná hy glo sy vrou skiet

Argieffoto ter illustrasie: SAPD

ʼn Brigadier in die polisie het Maandagoggend in die Verulam-landdroshof noord van Durban verskyn, nadat hy glo sy vrou gedurende ʼn geskil oor die naweek in die arm geskiet het.

Sontaga Seisa, woordvoerder van Opod, het in ʼn verklaring gesê die polisielid, verbonde aan die BBP-beskermingseenheid in KwaZulu-Natal, was Sondagoggend in ʼn argument met sy vrou by die egpaar se huis in Phoenix betrokke.

Dié argument het tot ʼn struweling gelei en die vrou is in die proses in die arm geskiet.

Volgens Seisa is die vrou ná die voorval na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling en die polisieman het homself by die plaaslike polisiestasie oorgegee.

Die brigadier word van poging tot moord aangekla. Seisa kon in die stadium nie die polisielid identifiseer of enige inligting rakende vanoggend se hofverrigtinge bekend maak nie.

“Opod se ondersoek gaan daaroor om te verseker dat die saak deeglik ondersoek word,” sê Seisa wel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Izak ·

OPOD het juis ook n goeie reputasie na onlangse nuusberig oor ondersoek van sake.

schaun ·

Niks nuut hulle bekamp nie misdaad nie ,beskerm nie die publiek nie wend nooit eers n poging aan om misdaad voorkoming operasies te hou nie nou waarmee sal die klomp hulle dan besig hou?

Lolla ·

As jy van diens af is moet jou vuurwapen in jou kluis wees, maar ek glo geen SAPD lid se woning word meer besoek om seker te maak daar is ‘n kluis nie.

Andre ·

Dit bewys net die gehalte mense wat aangestel word in beheer poste.

Koos de Meyer. ·

Brigadier van alle mense, waar gaan ons land se polisie heen. Dit het al meer male gebeur dat hulle eie vroue of naastes met dienspisool skiet.

Oom Johan ·

Brigadier beteken niks!! Range word aan onbevoegde kaders, uitgedeel soos ons destyds in die SAP lekkergoed ontvang het. Sit ‘n misdadiger in ‘n uniform, gee hom ‘n hengse rang en siedaar……..’n resep vir chaos. Ons behoort bang te wees, baie baie bang!!

JohanR ·

En net verlede Vrydag was die brigadier nog ‘n konstabel!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.