Polisieman vas ná hy ‘rooftog’ aanmeld

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte van Mthatha sal na verwagting Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn op aanklagte van diefstal van staatseiendom en die nalatige verloor van ʼn vuurwapen.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê terwyl die polisie hul uiterste bes doen om korrupsie in eie geledere uit te roei is daar steeds beamptes wat hulle hieraan skuldig maak.

Dié adjudant-offisier het na bewering op 15 September ʼn saak van roof aangemeld en beweer hy is voor ʼn hotel in Prospect Hill in Port Elizabeth beroof. “Hy het aangevoer hy is van sy amptelike vuurwapen, kontant en selfoon beroof,” het Naidu gesê.

“Beeldmateriaal toon hoe die adjudant-offisier twee mans ontmoet wat in sy voertuig klim en ʼn rukkie later weer uitklim en wegstap. Nadere ondersoek het aan die lig gebring dat die man gejok het oor die diefstal en dat die vuurwapen, kontant en selfoon aan die mans gegee is. Hy beweer hy het die mans vroeër ontmoet sodat hulle saam met hom kon bid rakende die teëspoed wat hy ervaar,” het Naidu gesê.

Die beampte is in hegtenis geneem en in aanhouding by die Humewood-polisiestasie.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, polisiekommissaris in die Oos-Kaap, het gesê dit is kommerwekkend dat polisiebeamptes by sulke korrupte aktiwiteite betrokke raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

hendrik ·

Die sleg wetter. Kyk nou hoe gebruik hy die godsdiens om hom te verontskuldig.

Ouvrou ·

Korrupte polisie. Waar gaan ons kla as hulle self die groot skelms is? Dankie vir kameras wat fie waarheuf bewys en die korrupsie bewys. Hoop nie dat daardie bewys ook gaan verdwyn nie en dat die man behoorlik gestraf word. Dankie tog vir die enkele uitsonderings wat nog regte polisiemanne/vroue is vir wie hulle werk hulle trots is!

marous ·

Maak die stasiebevelvoerders elke wapen nagaan en vergelyk met nommers uitgereik. As daar weg is word hy of sy onmiddelik toegesluit. Hoeveel SAPD lede het kluise by hul huise? Hoeveel dra wapens as hulle van diens af is?

Wilmarie ·

Is als gied en wel hulle het hom gevang en toe gesluit. Maar wat het van die ander 2 beskuldiges geword wat die vuurwapen gevat het?

Toppie ·

Goeie polisiemanne is deesdae dun gesaai en dan is dit nog droogte ook . Inwoners sal maar moet staatmaak op buurtwag om hulle te beskerm.

latie ·

NERENS MEER TRUST OP POLISIE NIE EN HOPELIK DIE BASE WAKKER OOR DIE DIENS WAT HUL DOEN

Seeg ·

Beslis nie SA se skerpste polisieman wat voor n kamera misdaad pleeg nie. Ons gaan hom nie mis nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.