Polisieman vas ná ontvoering by lughawe

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiekonstabel van die Kempton Park-polisiestasie is in hegtenis geneem nadat ʼn man vroeër vandeesweek by die OR Tambo-lughawe ontvoer en beroof is.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn Senegalese burger het Maandag by die lughawe aangekom. Hy was op pad Hong Kong toe om voorraad vir sy winkel te koop.

Volgens Mohlala het die man ingeboek voordat hy sy rande vir dollars gaan omruil het. “Die man is omstreeks 15:00 deur twee mans in die lughawe voorgekeer, wat hulle as polisiebeamptes voorgestel het. Die mans het gesê hulle werk vir die polisie se misdaadintelligensie-eenheid en hulle vermoed die Senegalese burger het dwelms by hom.”

Die verdagtes het die man na ʼn voertuig by die lughawe geneem, waar twee ander mans op hulle gewag het. “Die verdagtes het hierna met die man na ʼn veld in Pomona gery, waar hulle hom van $35 000, R11 000, sy bagasie, paspoort, selfoon en iPad beroof het.”

ʼn Verbyganger het die man in die veld gesien en hom terug na die lughawe geneem, waar hy die saak aangemeld het. “Die polisiebeampte is deur beeldmateriaal van kringtelevisiekameras geïdentifiseer en die slagoffer het hom ook Vrydag tydens ʼn uitkenningsparade uitgewys.”

Die 33-jarige konstabel sal Maandag in die hof verskyn. Die polisie is intussen steeds op soek na die ander drie verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

KarooKlong ·

Dagvaar die Minister van Polisie. Hy het hulle gekies en opgelei.

Koos ·

Stem saam dagvaar is al wat sal werk om die minister attent te maak oor die probleem in die polisie.

humor ·

Weg met hom. Laat dit sy lewenstaak wees om iewers groot klipppe klein te kap en klein klippies vein te kap.

Oosie ·

Ek stem saam. Dit is tyd dat die staat en privaatsektor aanspreeklik gehou word vir die wandade wat uit hoofde van die amp wat hul werknemers beklee gepleeg word. Daar is tog iets soos openbare aanspreeklikheidsversekering wat dit kan dek…

Paula ·

Hier is n storie agter n storie. Hoe weet die manne in blou hoeveel geld jy gaan ruil by die agentskap? Wat n kwade dag as die mense op wie jy vertrou om jou te beskerm, omdraai en jou in die rug steek!

Lance ·

Dis EEN ou ….wat van al die honderde wat oor die Limpopo die land binne stroom …is dit dan niks want duidelik word daar niks gedoen aan dit nie …..skrik wakker man ek kry rigting en doen net iets om dit te bekamp …weet hulle ooit van die probleem wonder ek nou .

Carel ·

Dis so bekend soos water in ons land: die polisie is slegte nuus en die bron van alle kriminele aktiwiteite. Die Minister van polisie keur dit goed want my doen niks daaraan nie.

Ander Koos ·

Stem saam Carel. Polisie self is misdaadbron. Dit wat bekend raak is maar net die punte vandie seekoei se ore

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.