Polisieman vas oor ‘bloedmonsters in mikrogolf’

Foto: SAPD / African News Agency

Foto: SAPD / African News Agency

ʼn 45-jarige polisiebeampte verbonde aan die Pinelands-polisiekantoor in Kaapstad, is in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie.

Hy het na bewering aangebied om die bloedmonsters van beweerde dronkbestuurders te vernietig.

Lt. kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagte is in hegtenis geneem toe hy vir diens aangemeld het. “Nadere ondersoek het aan die lig gebring dat bloedmonsters besmet is deur dit in ʼn mikrogolfoond te verhit.”

Volgens Traut word “alle moontlike pogings aangewend om korrupsie in die polisie met wortel en tak uit te roei”.

Die verdagte bly in aanhouding en sal binnekort in die Goodwood-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

swanna ·

Hulle moet eintlik by die groot visse begin maar soos dit gaan wanneer ‘n klein vissie miskien gevang word maak almal ‘n groot lawaai om te se hulle het ‘n vis gevang. Pateties!!!!!!

Winston ·

Manne manne. Is julle nou skaam oor die persoon in die foto wit is dat julle nie kommentaar lewer oor die berig nie. Dis skandelik dat wit polisiemanne hulle ook skuldig maak aan bedrog en omkopery. Punt.

Sies ·

Stem 100% saam Winston! Verkeerd is verkeerd, maak nie saak wie die oortreder is of watter vel kleur hul het nie. Ek voel dieselfde oor Zuma as die res van die mense wat hul opinies op hierdie forum lewer, maar om Zuma hier by in te trek, of om verskonings vir polisieman te maak, is verkeerd. Hierdie polisieman het die wet oortree en moet verantwoordelikheid aanvaar. Wonder hoe die komentaar soul lyk as hy nie wit was nie…

Ruby ·

Dronkbestuurders kan my hele gesin uitwis.

Mnr. Polisieman, gaan jy ‘n verkragter se bewyse ook laat verdwyn en ‘n dossier of twee? Waar trek jy die streep vir korrupsie? Wat nou van jou gesin?

Goed dat hy gevang is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.