Polisieman vas oor gesteelde kar

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiebeampte en 24 ander mense is in die Oos-Kaap vir verskeie misdade in hegtenis geneem.

Lt.kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn konstabel is Woensdag in Lusikisiki in hegtenis geneem nadat daar vasgestel is dat hy ʼn gesteelde Jeep bestuur het. Hy sal na verwagting Vrydag in die Lusikisiki-landdroshof verskyn.

Fatyela het gesê 10 mans is intussen Donderdagoggend in Majola naby Port St. Johns in hegtenis geneem vir die onwettige besit van vuurwapens. Daar is 12 vuurwapens en ammunisie in die mans se besit gevind. “Die vuurwapens sal ballistiese toetse ondergaan om vas te stel of dit tydens enige misdade gebruik is.” Die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Port St. Johns-landdroshof verskyn.

Volgens Fatyela is die ander 13 verdagtes in hegtenis geneem vir misdade soos die besit van dagga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lillian ·

Al manier – roei die gemors uit, dan kan ons weer ‘n behoorlike polisie MAG hê!

Anton ·

Ek wonder hoeveel van daardie wapens is sapd wapens wat dan kwansuis verlore geraak het

Andries ·

Ons sal nou veiligheidswagte moet aanstel om ons te beskerm teen die polisie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.