Polisieman vas vir huisroof

Lichtenburg. Argieffoto: ANA

ʼn Polisiesersant en sy medepligtige het Vrydag in die landdroshof in Lichtenburg, Noordwes, verskyn op aanklagte van huisroof.

Olebogeng Selemela (35) en Edward Tekane (24) is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn huis beroof het.

“Daar word beweer dat die klaer in die nag wakker geword het van ʼn vreemde geluid op die dak van sy huis. Toe die klaer ondersoek instel, het die indringer aangedui dat hy van die polisie is en die klaer beveel om die deur oop te maak,” sê brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder van Noordwes.

“Toe die klaer die deur oopmaak, het hy die polisieman en nog ʼn man gesien. Die twee het glo geld van die klaer geëis, wat aan hulle gesê het dat hy nie geld het nie. Die beskuldigdes het toe glo die klaer se rybewys en ʼn stel sleutels gegryp voordat hulle van die toneel gevlug het.”

Mokgwabone sê die polisie het die verdagtes later vasgetrek en op ander gesteelde goedere afgekom.

Die verdagtes is elk op R500 borgtog vrygelaat en sal weer Maandag 6 Julie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Scalla ·

Hoedeman keuring geslaag met aanstelling, behoort nie in die pos, beide van die 2

Nettie ·

R500 boete belaglik die polisieman hoor nie i die polisiemag nie.

Oujongvrou ·

Hierdie is n polisieman, tog kry hy R500 borg. Of is die selle vol van die gewone burgers. Mnr Cele moet waai, regtig. Sy polisiemag is buite beheer

Walter ·

You are kidding me, noises on roof, van wanneer af kom n polisie man deur die dak. Wait special forces. New Wag hy het n leer gehad daar was n boef op die dak. No further comment.

Sarel ·

Wel die voorbeeld word deur die Regeting vir hulle gestel. Wees Korrup jy sal niks oorkom nie. Die ou was lid van verkeerde familie

Tewis ·

Daar was in die oudae gepraat van “DIEP IN DIE HOED” nou wonder ek wat het hy tesë oor ons land se aanvalle deur sy manne?

marius ·

R500 borg ? Mense wat dit buite waag word rondgepluk en agter in vangwaens gegooi en hierdie spul patetiese verskonings vir geregdienaars word soos adel stand behandel ?

Elsa ·

Slaan hul dubbel so hard. Dis mense wat jy moet vertrou en dan dít.
Hulle maak net SAPS se naam sleg

Anel ·

Ou hoed het gesê die kriminele gaan nou by die huis wees. Dink hy ons is dom? Hulle is deesdae sommer klaar op die toneel.

Marie ·

R500????Maar as jy rook op straat moet jy sommer R1500 boete betaal.Pateties????????

Pieter J ·

Hoe kan daar verwag word dat polisielede reg sal optree as selfs die minister wat hulle beheer onbevoeg is.

Janc ·

Ja en dit is hoekom hulle doen wat hulle doen, want hulle kan!

Amatambo ·

Maar net R500??? Was dit ‘n bleeksiel, sou die borgtog waarskynlik R5000+ gewees het…

Blomme ·

Watter kriteria bepaal die aanstelling van polisie amptenare? Is daar iets soos ‘police clearance’? Lagwekkend dat hulle wat jou moet beskerm juis diè is wat jy moet vermy. Ek wil glo daar is goeie amptenare in die mag.. Net jammer dat die vrot appels so volop is… Begin by kwaliteit en haal kleur by keuring uit die kriteria en ek glo ons land kan weer op sy voete kom.

Sam ·

Die realiteit is dat SAPS deur aktiewe misdadigers geïnfiltreer is. Dis nie meer die enkele lede wat misdadigers hulp verleen nie, maar midadigers in die linies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.