Polisieman vas vir korrupsie

Die beampte wat in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Die beampte wat in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

ʼn 32-jarige polisiekonstabel van die Wes-Kaapse teenkorrupsie-eenheid is in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die beampte is in Villiersdorp in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie en dwelmhandel.

Volgens Rwexana is die beampte in hegtenis geneem terwyl hy aan diens was. Hy word tans in Caledon aangehou. Die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Theresa B ·

Goeie genugtig! Van die Teen-korrupsie Eenheid en hy word gevang vir korrupsie. Ons land is seker die grootste Sirkus nog vir die buiteland…………………….

Hannelie ·

Theresa B ek stem saam met jou! Wel een vrot ou appel, het die hele kis aangesteek….jammer maar die polisieman gee aan die ander hardwerkende amptenare ‘n slegte naam. Sies man!!!

oogies ·

SIES!!!!!!!!! dit is hoekom ons nie meer n respek het vir hulle nie.

Piet Pompies ·

….en die saak word ondersoek deur die pro-korrupsie eenheid…..lol.

Joann ·

Haha en ons is die narre in die land.dit is hoekom ek wyer om te stem mens kan niks en niemand vertrou nie.kry hul n beter wortel voor hul neus gryp hul dit en vergeet van alles. Lmga

THEA SWART ·

joanne dit is juis hoekom jy MOET stem sodat jy ‘n verskil kan maak aan die wat wel verkies word en met trots kan se ek het vir daai persoon gestem en eks trots om te se dis my President anders kan ons almal maar net sowel oppak en na ‘n ander land gaan

Dee ·

Mòet stem sê jy Thea? En as jy in ‘n stad woon waar die enigste alternatiewe die DA of ANC is? Sal jy steeds stem? Dìt is rede genoeg om buite stemming te bly want volgens jou speel trots ook ‘n rol.

Johan ·

Dee. Ek is ook n baie negatiewe wit man in hierdie land van ons, maar ek gaan nogsteeds stem, al is dit nie om te wen nie en ek gaan nou verduidelik hoekom. As daar 100 mense is wat stem en 60 mense stem anc, 20 mense stem vir party 2 en 20 mense stem vir party 3. Dan het die ANC gewen met 60% stemme, maar as net 10 mense wat vir party 2 en party 3 nie gaan stem nie, dat het die ANC met 66% stemme gewen. So as jy nie stem nie maak jy net die party wat wen se stem % hoer en gee vir hulle meer vryheid om besluite in parlament te maak. So dink daaroor. As jy nie stem nie, stem jy eintlik vir die party wat in daai verkiesing wen. Dis nou presies wat in hierdie land gebeur. Niemand wil stem nie, maar almal wil kla. As jy nie gaan stem nie, dan moet jy na die verkiesing gaan partytjie hou en vir almal se dat n persentasie vir die ANC van jou af kom.

Willie ·

Ons het die blou lig brigade en nou ook die rooi neus brigade..

Karooblommetjie ·

Wel, as die Valke die Minister van Finansies kan intimideer en dit in opdrag van – wie nou weer? – wat verwag ons andersins? Ongelukkig is dit ‘n tendens, vertrou glad nie meer die SAPD nie.

Willie ·

As jy in n mafia in SA wil wees… is die SAPD die regte plek vir jou. Ek het nog nooit met soveel onguns en walging na hulle gekyk.

Danie ·

Soveel makliker om net die negatief te sien. Feit is dat ‘n korrupte persoon uitgevang is. Moet nie almal oor dieselfde kam skeer nie. Vir elke skelm is daar tientalle eerlike persone. Laat ons hulle eerder ondersteun in hul strewe na ‘n beter samelewing

Le Roux Strydom ·

Stem saam met jou Danie, sommige werk slegs omdat dit werk is en sommige met passie , dit is ogelukkig hulle wat daar onder ly!!

willie ·

Wel kom ek jou dit se. By ons polisie stasie kan ek nie een polisieman uitwys wat sy sous werd is nie… so ja ek skeer nie almal om dieslefde kam nie… dis ongelukkig feite…

ST ·

Ongelukkig word leiers en mags posisies deur middel van kleur aangestel en nie bevoegtheid en strawwe keuring prosesse nie.

Louw ·

My stuiwer , as jy nie stem nie, dan moet jy stil bly oor die situasie in die land.

Theresa B ·

Maak nie saak vir wie jy gaan stem nie. Die ANC sal altyd wen. Al is dit deur bedrog te pleeg soos verlede keer. In die lewe sal hul nooit verloor nie. Dink julle hulle sal nou agteroor sit en kyk hoe hulle verloor. Hier by my is so baie mense wat sê hulle gaan nie stem nie want die land gaan agteruit en Zuma kom nie sy beloftes na nie.

willie ·

Daai selfde niks werd SAPD lid wat in die aanklag kantoor sit en slaap. Is die selfde een wat die verkiesings papiere by die bestemming uitbring. Indrukwekkend ne?

avrilS ·

Aan almal wat hier kommentaar gelewer het, het nie EEN dit genoem dat daar wel een polisieman is wat eerlik genoeg was om hierdie korrupte vrot appel te ondersoek en arresteer nie, daar is nog eerlike en hardwerkende beamptes daar buite.

Deon ·

Die anti-stemmers moet onthou: (Dee en kie) As jy nie stem nie dan stem jy eindlik vir die party wat aan bewind is. Ek dit is die ANC. Daarom is dit beter om teen die ANC te stem as jy in `n kiesafdeling bly waar die party van jou keuse nie staan nie. Stem vir enige iets man (as daar meer as een is wat nie jou keuse is nie dan die een wat die naaste aan jou beginsels is), gaan stem net! En moet om hemelsnaam nie jou stembrief bederf nie, want dan stem jy ook vir die ANC! (Die party wat aan bewind is.) Word wakker mense!!! Jy het `n verantwoordelikheid!!!!

Oom Boer ·

En so leer ek nou elke dag op my oue ouderdom hoe die korrupsie daagliks soos kanker groei in die Staats departemente. Moes ook maar vele male my ou geldjie uithaal om dingetjies gedoen te kry nadat dit vir my geleer is hoe die proses werklik werk anders gaan jy as ouman en ouvrou net more weer moet terugkeer en van vooraf heeldag in die rye moet kom staan en dalk die dag daarna ook. Korrupsie begin bo en dit groei soos paddastoele van plek tot plek.

Jacey Muller ·

In ons besigheid het ñ klompie jare gelede 9 blankes gewerk. Van die nege was DRIE persone nie eens geregistreer om te stem nie. Maar hulle kon darem lekker saam kla oor die regering!

RJ ·

Dit was “misprint” deur joernalis. Die gearresteerde is nie van Anti-korrupsie Eenheid. Hy deur hul gearresteer. Hy van Villiersdorp SAPD!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.