Polisieman vas vir moord

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiebeampte van die Delareyville-polisiestasie in Noordwes is Maandag op aanklag van moord in hegtenis geneem.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is deur sy regsverteenwoordiger oorgegee en deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat in hegtenis geneem.

Volgens Ramaloko word die 30-jarige konstabel daarvan beskuldig dat hy Sondag ʼn onderwyser in Tlhabologang vermoor het. Hy het glo die 26-jarige onderwyser saam met sy vriendin in die bed betrap waarna hy hom sou doodgeskiet het.

Die konstabel het glo sy vriendin saam met hom geneem toe hy gevlug het, maar het haar later ongeskonde teruggebring. “Dit is nog nie duidelik of hy sy amptelike vuurwapen tydens die voorval gebruik het nie,” het Ramaloko gesê.

Genl.maj. Jacob Tsumane, waarnemende polisiehoof in Noordwes, het die voorval veroordeel. “Ons kan nie toelaat dat ons misdaadbestryders self by enige kriminaliteit betrokke is nie. Ons het die verantwoordelikheid om kriminele aan die pen te laat ry.”

Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Roy du Plessis ·

Poliesbeamptes het nie kluise nie dit is hoekom hulle trigger happy is, en net voor die voet skiet. Gewone landsburgers moet kan bewys hy het ‘n kluis wat kan sluit en dit moet vas wees maar beamptes het net ‘n holster. Ek persoonlik dink dat alle vuurwapens van die SAPD MOET NA ELKE SKOF INGEHANDIG WORD

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.