Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê verbygangers het Dinsdag op die 25-jarige man se liggaam afgekom in Embalenhle naby Secunda.
Volgens Mohlalala het die polisiebeampte, ʼn konstabel van die Charl Cilliers-polisiestasie, glo die man daarvan beskuldig dat hy enjinparte by sy huis gestel het. Die beampte en sy medebeskuldigdes het die man glo hierna ontvoer en doodgeslaan.
Die 29-jarige beampte en sy medebeskuldigdes, tussen 17 en 25 jaar oud, is Woensdagoggend in hegtenis geneem. Die verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Evander-landdroshof verskyn op aanklag van moord, ontvoering en regsverydeling.