Polisieman vas vir moord

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiebeampte van Mpumalanga en drie ander mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn man vermoor het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê verbygangers het Dinsdag op die 25-jarige man se liggaam afgekom in Embalenhle naby Secunda.

Volgens Mohlalala het die polisiebeampte, ʼn konstabel van die Charl Cilliers-polisiestasie, glo die man daarvan beskuldig dat hy enjinparte by sy huis gestel het. Die beampte en sy medebeskuldigdes het die man glo hierna ontvoer en doodgeslaan.

Die 29-jarige beampte en sy medebeskuldigdes, tussen 17 en 25 jaar oud, is Woensdagoggend in hegtenis geneem. Die verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Evander-landdroshof verskyn op aanklag van moord, ontvoering en regsverydeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.