Polisieman vas vir ‘smokkel’ van derduisende se sigarette

Die polisie het op 20 kartonhouers sigarette beslag gelê (Foto: Verskaf)

ʼn Polisiebeampte by die Beitbrug-grenspos in die noorde van Limpopo het Donderdag in die Polokwane-landdroshof in dié provinsie verskyn in verband met die besit van honderde duisende rande se onwettige sigarette. Die polisie het hom Dinsdagaand vasgetrek.

Hy is borgtog van R1 000 toegestaan en sy saak is tot 4 September uitgestel.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê die 41-jarige sersant, Maimela Hezekiel Mailula, is Dinsdag omstreeks 22:30 op die N1-Suid buite Polokwane deur die polisie in sy blou Toyota Hilux-bakkie voorgekeer. Die polisie was besig om die pad naby Tweefontein se patrolleer.

Die polisieman is in ‘n blou Hilux-bakkie voorgekeer (Foto: Verskaf)

Mojapelo sê die sersant het sy polisieuniform aangehad toe die polisie hom voorgekeer het. Die polisie het die bakkie begin deursoek en het op 20 kartonhouers vol onwettige sigarette ter waarde van R350 000 afgekom.

Die polisie het Mailula daar en dan in hegtenis geneem en beslag gelê op die sigarette en die voertuig.

Dit is nog nie duidelik waar hy die sigarette in die hande gekry het nie.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het die polisielede geloof dat hulle die sersant so vinnig vasgetrek het. Hy het ook ʼn beroep op alle lede van die polisie gedoen om te alle tye dissipline te handhaaf en integriteit aan die dag te lê en eerder aktief deel te neem om misdaad in die land te beveg.

Die polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Willem ·

En hy word weer in sy pos aangestel tot hy skuldig bevind word

Johan ·

En hy betaal daai R1 000 met ‘n smile en hy verdien sy salaris terwyl die saak ondersoek word. Die “stelsel” maak steeds nie voorsiening vir baie groter bedrae nie en skorsing sonder salaris nie. Dis mos onmoontlik vir so ‘n beampte om onskuldig te wees of hoe?

Tienie ·

Johan.

Nie net salaris nie…

13 de tjek
Dalk n moontlike 14 de een ook
Siekverlof
Verlof
Menslikheidsverlof
En n heeeerlike Mediesefonds

Tienie ·

Vraag:

Is dit nou dieselfde Polisieman wat in die week die massa sigarette op gekonfiskeer het wat van Zim af gekom het?

Ek sal nie verbaas wees nie !!!

Piet parys ·

Vra die zumas en hulle smokkelaars hulle sal die polisie kan se waar hy dit kry

capie ·

Die mark is al so vol “onwettige ” sigarette dat die prys nou al af is na R30.00 per pakkie.

JohanR ·

Ek wens iewers as iemand soos die ou in ‘n polisie uniform vastrek, is dat hulle kan papier werk en bewyse kry waarin Dlamini-Zuma uitgewys is. Sal dit nie lekker wees! – die ander Johan

Fedup ·

Bail as usual.
Stupid and incompetent justice system.
This will come back to you and bite extremely hard.

Thea ·

Dit is nog nie duidelik waar hy die sigarette gekry het nie – uhmm hy kom van die grens af? Ter waarde van R350 000.00.. Is dit nou die prys voor staatsgrendel of is dit nou die verhoogde smokkel prys? #wondermaarnet

Genis ·

Wat uiters hartseer is, dis nie n skon nie, dis te verwagte van die SAPD…

Elansa ·

Genade tog, weet jy. Ek soek letterlik net ‘n paar mense om saam met my voor Parliament te gaan staan, ek kan julle BELOWE hulle rook ook, en dan wil ek vir HULLE vra hulle moet my wys waar hulle die sigarette WETTIG gekoop het, in die Lockdown. Ek is nou keelvol, hulle dink hulle is “above the law”, julle kan nie vir my se, NIEMAND in die Parliament rook nie???

Axel ·

Julle as SAPS verkoop dan die goed. Nou hoe nou. Julle werk vir Minister Zuma!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.