’n Waarnemende bevelvoerder van ’n polisiestasie en ’n voorheen veroordeelde veedief het Woensdag in die landdroshof op Frankfort in die Vrystaat verskyn nadat hulle glo betrap is terwyl hulle skape steel.
Dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-ontleder van Vrystaat Landbou (VL), sê die beskuldigdes is Maandag op heterdaad betrap toe hulle vyf skape op die boer Danie Muller se plaas gesteel het.
Deon van der Watt, streekverteenwoordiger van VL en ʼn boer in die omgewing van Tweeling/Frankfort, het bevestig dat ongeveer 65 boere Woensdag voor die hof byeengekom het waar die verdagtes op aanklag van veediefstal verskyn het.
Volgens Van der Watt het die boere voor die hofverrigtinge by die staatsaanklaer aangedui dat hulle die borgtogaansoek sal bywoon.
Buys sê veediefstal en polisiekorrupsie is al jare lank ’n wesenlike probleem in die landboubedryf. VL het reeds in Oktober verlede jaar die minister van polisie, Bheki Cele, versoek om taakspanne saam te stel om polisiebetrokkenheid by veediefstalsindikate en plaasaanvalle te bepaal en te ondersoek.
Brig. Sam Makhele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die verdagtes sal na verwagting weer volgende Woensdag in die hof verskyn. Hulle bly tot dan in aanhouding.
VL beplan om dié hofverskyning by te woon en te versoek dat die staat borgtog teenstaan.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Dis wat gebeur as jy vir wolf skaapwagter maak
Dis darm maar erg. sjoe
En soos gewoonlik het hoed NIKS gedoen nie pffft! Blerry skande man
Hierdie kom mos nou al n lang pad… skelms in uniform, dis n skande… Hulle het eenvoudig nie n skaam haar op hul koppe nie..
And once again it goes to show how things really work in this country.