ʼn Polisiebeampte en nog ʼn man is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn tiener van Vosloorus in Gauteng verkrag het.
Moses Dlamini, ʼn woordvoerder van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die mans is Dinsdag in hegtenis geneem. “Die 19-jarige slagoffer het Saterdag saam met haar in kêrel in Vosloorus gestap toe ʼn Volkswagen Polo langs hulle stilhou het. Een van die insittendes het ʼn vuurwapen op hulle gerig,” het Dlamini gesê.
Die mans in die voertuig het glo aangedring op die paartjie se selfone. Hulle het daarna die slagoffer se kêrel verjaag en die slagoffer in die voertuig gedwing.
“Hulle het tot by ʼn oop veld gery waar hulle haar glo verkrag het,” het hy verduidelik. “Een van die mans het glo die meisie op die voertuig se agterste sitplek verkrag, terwyl die polisiebeampte ʼn vuurwapen op haar gerig het. Hy het haar glo ná die man verkrag.”
Hulle het die slagoffer daarna by ʼn taxistaanplek afgelaai. Sy kon die voertuig se registrasienommer onthou en het die saak by die polisie aangemeld.
Die mans sal na verwagting Woensdag in die Vosloorus-landdroshof verskyn. – SAPA
Jammer dat hierdie vrou deur hel moes gaan, maar BRAVO omdat sy die registrasienommer kon memoriseer ! Vat 5 !
Dit is hoekom niemand meer respek ht vr die gereg nie en ongelukkig word almal oor dieselfde kam geskeer.
Ons polisiemag is ‘n skande en klad op die S.A se naam!!