Polisieman vas vir verkragting

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Polisiebeampte (27) is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 18-jarige meisie Sondag in Standerton, Mpumalanga, verkrag het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê twee mans het na bewering na die meisie se huis gegaan en haar na die plek waar hulle haar verkrag het, gelok. Die meisie kon ná die voorval ontsnap.

Hlathi sê die meisie het met die hulp van ʼn gemeenskapslid ʼn klag van verkragting en aanranding by die polisiestasie aanhangig gemaak.

Die polisie het die saak ondersoek en die polisiebeampte toe Maandag aangekeer. Die beampte is ʼn konstabel by die Sakhile-polisiestasie in Standerton.

Die beampte sal na verwagting Dinsdag in die Standerton-landdroshof verskyn.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, het die polisiebeampte se gedrag veroordeel. Hy het ook sy misnoeë oor die verkragting uitgespreek en daarop gewys dat dit boonop in Vrouemaand gebeur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Stofdonkie ·

So enige ander maand kan dit maar gebeur, netnie in vrouemaand nie?

Cherokee ·

Jou kommentaar is onvanpas. Jy weet seker wat boonop beteken.

Scalla ·

Chele, vertroue ontbreek in jou mag, maak asb werk daarvan en verwyder die vrot appels.

Prikkie ·

Die geagte minister self moet verwyder word.

“n Vis vrot van sy hoof (kop) af!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.