Polisieman vas vir vrou se skietdood

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiekonstabel van die Noord-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy glo sy 36-jarige vrou doodgeskiet het.

Robbie Raburabu, waarnemende nasionale woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het aan Maroela Media bevestig die beampte en sy vrou het glo Donderdagaand rusie gemaak.

“Die beampte het sy dienspistool uitgehaal en haar vermoedelik een keer geskiet. Sy is op die toneel dood verklaar,” het Langa gesê.

Die beampte het sy kollegas by die polisiestasie gebel en ingelig oor wat gebeur het, waarna hy in hegtenis geneem is.

Hy is na die De Aar-polisiestasie geneem waar hy aangehou word. Hy moet binnekort in die hof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anoniem ·

Dit laat die hare op my kop rys! Hoe maklik sou hierdie polisieman nie sy dienspistool kon misbruik en iemand van die publiek skiet nie?

Hoe word besluit watter polisiemanne ontvang dienspistole? Is daar enige sielkundige evaluering by betrokke? Of word dit aan almal uitgedeel, en eers teruggeneem wanneer die dienspistool misbruik is? (En dit reeds te laat is!)

Liewe heksie ·

Dit is wat gebeur as wapens uitgedeel word aan onverantwoordelike sapd lede sort soma die fight met jou vrou gougou uit wonder of daar nou kids is wat sonder hul ma moet grootword en sonder n stupit pa

Hennie ·

Met die bekendmaking van die nuutste misdaad syfers het dit aan die lig gekom dat die polisie eneffektief is. Die rede is egter dat baie van hulle self moordenaars is. Hier is die bewys daarvan, asook menigte berigte wat ons lees van polisie wat betrokke is in moorde. Hoe op aarde kan die mense moorde oplos as dit hulle standaard van lewe is? Vir hulle is dit reg om iemand summier dood te maak as jy nie tot ‘n vergelyking kan kom nie. Hulle moet in die openbaar opgehang word en die ander moet gedwing word om die proses dop te hou.

Cherokee ·

Gaan kyk in die argiewe hoeveel keer het ek gesê die polisie mag nie met vuurwapens vertrou word nie.

KarooKlong ·

Aitog, weereens van die minder aangename berigte om te lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.