Polisieman vas wat Eskom-krag verkoop

Argieffoto (kimwonyeul, Pixabay)

Argieffoto (kimwonyeul, Pixabay)

ʼn Polisiebeampte van Hammanskraal in Gauteng is gevonnis nadat hy onwettig voorafbetaalde elektrisiteit aan Eskom-kliënte verkoop het.

Sello Fanie Madikologa is vyf jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die onwettige verspreiding van voorafbetaalde elektrisiteitskoopbewyse, elektrisiteitdiefstal en korrupte aktiwiteite wat gelei het tot ʼn inkomsteverlies vir Eskom.

Maboe Maphaka, Eskom senior bestuurder vir energiehandel en verkoopsvooruitskatting, het Dinsdag gesê Madikologa se medebeskuldigdes is nie aangekla nie, nadat hulle ingestem het om teen hom in die hof te getuig.

“Spookverkope” is ʼn praktyk waar misdadigers elektrisiteitkoopbewysmasjiene steel en die koopbewyse aan kraggebruikers verkoop wat voorafbetaalde elektrisiteitmeters gebruik. “Deur Operasie Khanyisa, Eskom se veldtog teen elektrisiteitdiefstal, het ons al baie vordering gemaak… om misdadigers aan te keer en onwettige verkope van elektrisiteit stop te sit,” het Maphaka gesê.

“As gevolg hiervan sien Eskom ʼn toename in inkomste van voorafbetaalde elektrisiteit verkope.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Swanna ·

Nou wat nou. Wat van die wat krag steel deur onwettige aansluiting maak? Hy het net probeer om vir hom ‘n goeie inkomste te bewerkstellig.

Eish! ·

Ek dink altyd misdadigers is dom goed, maar ek kom agter ek is die dom een. Krepeer elke maand en sukkel my as af om deur te kom en kan nie eens een kriminele daad uitdink om ekstra te verdien nie. Dit noem mens seker klipdom.

Wiebo ·

Crime does pay! Dis n feit. Ons eerlike en hardwerkende witmense sal maar arm bly………………

Drieks ·

Wiebo, jy kan nie meer reg wees nie. Almal ons wat eerlik is en omgee vir ander sal nie maklik ryker word nie.

Bruno Stef ·

In Soweto en Alexandra kan so n operasie baie positiewe resultate vir die kragvoorsiener oplewer maar dit sal broekskeur gaan om die skuldiges te indentifiseer. Dit word al jare lank as n private inkomste bedryf en sodoende sommer self die aanskakelings hanteer waarlike intepreneurskap sal ek se.

Anne-Marie ·

Ons is altesame 10 mense in ons kantoor, van almal betaal net twee vir krag, niks van die ander nie nou vra ek jou waar kan ek ook gratis krag kry asb. So waarvoor krag probeer verkoop as jy weet almal vat dit net verniet glad nie so slim nie!!

pop ·

Ek stem saam met julle wat se crime does pay. Dis die lonendste aktiwiteit denkbaar. Jy werk nie, le op jou naat voor gesteelde TV, wat aan is agv gesteelde krag. Eet lekker kos wat gekoop is met gesteelde otm geld en praat met jou familie op nog n gesteelde item. Netnou ry jy met jou verniet motor om gou nog kontant te kry. 5 min se moeite kan dalk vandag duisende beloop. Alles hang van jou geluk af. HEL JA> ONS IS KLIP KLIP DOM

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.