Polisieman vas wat glo by renosterstropery betrokke is

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiebeampte wat daarvan verdink word dat hy saamgespan het met sindikate wat betrokke is by renosterstropery, is Woensdag in hegtenis geneem.

Die 47-jarige adjudant-offisier is by die Phokeng-polisiestasie in Noordwes waar hy werk deur die Valke in hegtenis geneem.

Genl.maj. Jacob Tsumane, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het gesê interne dissiplinêre stappe sal onmiddellik teen die beampte geneem word. “Ons het ʼn plig om misdaad te bestry. Ek sal alle inisiatiewe ondersteun om die provinsie te suiwer van alle korrupte aktiwiteite.”

Die beampte se inhegtenisneming volg nadat 18 polisiebeamptes by die Kopfontein-grenspos in hegtenis geneem is vir korrupsie. “Ons hoop dat die voortdurende inhegtenisneming van korrupte beamptes nie net as ʼn afskrikmiddel sal dien nie, maar ook vertroue in die gemeenskap sal herstel dat ons vasbeslote is om misdaad te bestry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Martin ·

Nee moet Gnl. Maj. moet nie drome droom nie, die vertruoe gaan julle nie maklik herstel nie.

swanna ·

Wel as die valke so aangaan gaan daar nie meer ‘n polisieman oor wees om te vang nie. Ha ha ha ha.

Winston ·

Inhegtenisnemings gaan nie veel doen nie. Beter vonisse sal beslis help.

MM ·

Hulle word gevang en gevonnis en as hulle na ‘n jaar op 2 uit kom word hulle weer in hul pos aangestel.
Voorbeeld: Sunnyside beampte was toegesluit vir roof en diefstal. hy was 2 jaar in die trunk en raai wat hy word weer aangestel en doen toe presies dieselfde en in ‘n jaag tog met die Polisie skiet hy himself in sy polisievoertuig.

En die ergste van alles, wou hulle vir hom geld in vorder vir sy begrafnis!!!!!!!!!!!!!!

Manie ·

Nee man !! Hoe kan ‘ n man tronk toe gaan en dan weer in sy pos in die Polusie aangestel word. Dit maf mos nie gebeur nie!!!
Die een wat gom weer aangestel het moet ondersoek word. Daar is groot fout!!

Deloris ·

ennnnnnnnnnnnn hoekom is ek nie verbaas nie, ek het nog altyd vermoed, en daar is ek toe reg… dis hoekom dit so aanhou ……

Flippie ·

Daar is altyd aan ons voorgehou dat dit ‘n baie klein groepie polisiemanne is wat hulle skuldig maak aan korrupsie.

Ek dink nou dat daar net ‘n baie klein groepie polisiemanne eerlik is, indien enige.

Eintlik dink ek daar is nie polisie in die polisie nie.

Joe ·

By die voordeur in en by die agterdeur uit saam met sy tjommies!

Eddie ·

Interne dissiplinere stappe gedoen word. Regtig!!!!!!!!!!!! Hy is n krimeneel sluit hom toe. Kan julle wet hy sal sy volle pay kry met pension as hulle gaan se dit is beter dat hy maar eerder moet gaan. Ek is so siek vir die klomp wat dink hulle is verhewe bo die wet. Dit is tyd dat hulle ordentlik in die bek geruk word en goeie voorbeelde van gemaak word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.