Polisieman vas wat glo dwelms na selle wou smokkel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Kaapse polisiebeampte sal Woensdag in die hof verskyn op aanklagte van bedrog en dwelmbesit.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die 31-jarige konstabel is Dinsdag in hegtenis geneem nadat die bevelvoerder van die Mitchells Plain-landdroshof se hofordonnanse ʼn wenk ontvang het dat die beampte betrokke is by onwettige aktiwiteite.

Die konstabel is kort daarna ondersoek. “Vier pakkies fyngedrukte Mandrax en twee daggasigarette is in die beampte, wat steeds aan diens was, se besit gevind,” het Traut gesê. “Hy is op die plek in hegtenis geneem.”

Volgens Traut word daar vermoed dat die beampte die dwelms na gevangenes in die polisieselle wou smokkel.

Die verdagte sal in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn, “dieselfde hof waar hy Dinsdag sy pligte uitgevoer het”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Theresa B ·

Kan jy nou meer. Wat mense net nie sal aanvang nie. Hy is 31 en het ‘n vaste werk. Verseker hy kry elke maand ‘n salaris en daar gooi hy dit binne ‘n paar minute alles weg. So sinneloos.

Piet Pompies ·

By ons het ‘n werker met baie jare diens en 3 jaar voor sy aftrede maatskappy eiendom gesteel, hy is ontslaan. Dit is bloot gierigheid.

Michael ·

Weereens ‘n bewys dat dinge net beter werk in die Weskaap provinsie

DPJ ·

‘n Geregsdienaar wat skuldig is aan krimenele gedra moes met keuring uitgesif gewees het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.