Polisieman vas wat glo tiener verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn 17-jarige meisie in Rabie Ridge naby Midrand verkrag het.

Robbie Raburabu, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het gesê daar word beweer dat die tiener by haar ma se woonplek was om haar bababoetie op te pas terwyl haar ma by die werk was. Terwyl sy daar was, het die konstabel haar na bewering twee keer verkrag in die kamer wat haar ma huur, het Raburabu gesê.

“ʼn Verkragtingsaak word deur Opod ondersoek. Die verdagte het reeds in die Tembisa-landdroshof verskyn en die saak is uitgestel tot 20 Mei wanneer hy om borgtog aansoek sal doen. Intussen word die verdagte by die Ivory Park-polisiestasie aangehou,” het hy gesê.

Volgens Raburabu is die 34-jarige konstabel verbonde aan die Sandton-polisiestasie in Johannesburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gesie ·

So twee jaar gelede ‘n saak teen SAP gewen vir onregmatige arrestasie. Toe die SAP verteenwoordiger in kruisondervraging vir my vra hoe lank dit gaan neem om die SAP weer te vertrou was my duidelike antwoord daarop “hoe meet jul vertroue en trauma”!!!! Hierdie is net weereens ‘n bewys dat daar nie vertroue gebou kan word nie. Dan vra ek af “Wat is vergifnis?” en wat beteken dit. Ek sal my kop nog neerlê en steeds nie kan vergeet wat gebeur het nie!! My Geloof is al wat my deurdra, want GEEN geld kan die vernedering waardeur mens gaan voor vergoed nie. Sterkte vir hierdie 17jarige meisie, sy gaan vir die res van haar lewe die letsels moet dra.

Tiger ·

Die polisie se beeld is reeds onherstelbaar geskaad deur al die kriminele wat in polisie uniform rondloop .Ons vertrou nou net die polisie amptenare wat ons persoonlik ken.Dis res word met agterdog beheen en nie vertrou nie.Dis hoe dit is.

Jan ·

Wat van die polisiekaptein van Pretoria wat aangekla word vir veediefstal in die Koffiefontein landdroshof (Vrystaat) .

Anoniem ·

Elke dag lees ons van polisie wat iets sleg gedoen het. Nou vra jul ook ons moet ons polisie manne vertrou. Jammer mense maar ek doen nie. Ja dis sleg dat ons so voel wat daar is goeie polisie ook…maar hoe gaan ons weet wie is goed of sleg. Vandag vertrou jy net jouself…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.