Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Saterdag omstreeks 19:40 in Lydenburg gebeur. Die vrou was op pad na haar huis in die Duma-nedersetting en het langs die pad gestap met haar baba op haar rug.
“Die konstabel was in ʼn motor saam met sy vrou en hul vriende toe hy glo onverwags uit die motor gespring en sonder ʼn woord op die vrou en haar baba begin skiet het. Die konstabel se vrou en sy vriende kon daarin slaag om die vuurwapen by hom af te neem en het die polisie ontbied,” het hy gesê.
Volgens Hlathi is die vrou in haar rug geskiet en die baba ook vermoedelik gewond. “Die baba het bloed op haar gesig gehad en is saam met die ma na ʼn hospitaal gehaas. Ons kan nog nie die erns van hul beserings bevestig nie en wag nog vir meer inligting van die hospitaal,” het hy gesê.
Hy het gesê twee sake van poging tot moord word ondersoek en die konstabel sal vandag in die Lydenburg-landdroshof verskyn.
bere hom baie diep en gooi sleutel weg. Dan polisie ontslae van nog n krimineel.
Ek is geskok hoe kan jy n vrou met n baba op haar rug van agter skiet dit is moord . Hoekom twee onskuldige mense leed aan doen en dit n konstabel wat gan aan met die mense ??????? Skokkend!!! Sterkte aan die moeder en baba!!!
Hierdie “trigger happy” polisiseman gaan seker kwytgeskeld word a.g.v. werkstres. Ai geen mens se lewe is meer iets werd nie.
Daai ding in sy hand is mos die gereg…
Hoe is dit enigsins moontlik???!!!!! Hoe hanteer die polisie die keurings van sy kandidate?
Hoekom het hy sy geweer by hom as hy nie aan diens is nie.
Ek het n ruk terug saam n dame gewerk wie se suster`s man n polisie man is en sy het my vertel hoe hulle soms vrees vir hulle lewens want hy sal met hulle begin baklei en dan is sy geweer net onder sy kussing gebere. Sy se hulle haat daai geweer in hulle huis, en hy het hom al rond geswaai voor die klein kinders wat hulle in die huis het. Dis sad ! Sterkte aan die Mamma en baba in die berig ek hoop hy word sommer BAIE swaar gevonnis en van sy rol geskraap.
Idi, jy bedoel seker ‘n pistool onder sy kussing… ‘n geweer is bietjie groot om so mee saam te slaap en rond te swaai.
Soos jy sê Lilla, anders moet dit ‘n groot kussing wees.
Gaan laai daai polisieman af daar waar hulle alles so aan die brand steek en verniel!