Polisieman vasgetrek wat glo saam met dwelmbase werk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Kolonel in die polisie is saam met vier ander verdagtes in hegtenis geneem vir hul beweerde betrokkenheid by ʼn dwelmhandel-sindikaat in Johannesburg.

Die 51-jarige kolonel en sy medepligtiges het ʼn slinkse plan beraam om hul kliënte te bedrieg vir finansiële gewin en terselfdertyd inhegtenisname te ontduik.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê die kolonel het saam met die dwelmsindikaat gewerk wat hom in kennis gestel het wanneer kliënte dwelms gekoop het. “Die kolonel sal dan ʼn klopjag op die kliënte reël, waartydens hy beslag sal lê op die dwelms en omkoopgeld sal eis om nie die dwelmgebruikers in hegtenis te neem nie. Hy sal dan die dwelms terugneem na die dwelmbase wat hom ook ʼn bedrag sal betaal wanneer hy die dwelms terugbesorg,” het Naidoo gesê.

Hierdie kriminele aktiwiteite het in verskillende gebiede in Johannesburg plaasgevind, insluitend Eldoradopark, Westbury, Newclare en Reverlea.

“Toe die kolonel vanoggend [Maandag] by die Sophiatown-polisiestasie vir diens aanmeld, is hy op die plek in hegtenis geneem,” het Naidoo gesê. “Die vier ander vermeende dwelmhandelaars, tussen die ouderdomme van 29 en 63, is in verskillende areas in Johannesburg vasgetrek.”

Genl. Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, het die inhegtenisname verwelkom en gesê die verbetering van die kapasiteit van die polisie se misdaadintelligensie-eenhede, dra nou vrugte. “So skokkend as wat dit is dat ʼn senior polisiebeampte na bewering by sulke afgryslike dade betrokke is, is ek verheug dat ons mense hom kon identifiseer en vastrek,” het sy gesê.

Die vyf verdagtes sal binnekort in die Johannesburg- en Roodepoort-landdroshof verskyn op aanklagte van dwelmhandel en korrupsie, het Naidoo gesê. Nog inhegtenisnemings word verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Bruno Stef ·

Wat is die probleme met die polisie Kolonels? In Middelburg skop hulle n onskuldige persoon se deure af in n misverstand stormloop op sy huis en nou smokkel die knaap van Newlands /Sophia-town polisiestasie met bedrog en dwelms.Dit is nou wragtig van die een uiterste na die ander uiterste.

ladybug ·

Ek weet van ‘n colonel wat dwelms verkoop …. Maar ek vertrou GEEN polisielid om die inligting te gee nie!

humor ·

Misdaadintelligensiedienste Ladybag behoort onmiddellik inhegtenis geneem te word.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Ladybug eks trots op jou jy s een stap in die regte rigting al wat jy nou moet doen is net se wies dit vertrou vir Maroela en vir Busfarkie ek sal jou help

Jimmy ·

Wat beteken die rang Kolonel vandag , geen geleerdheid, geen werklikke kwalifikasies , hoof van die boewe . Mafia base.

DAAN ·

HY SAL SEKER TERUG GAAN WERK TOE NADAT HY SY BORG BETAAL HET

BoereBikerBaby ·

Asof ek nou moet verbaas staan. Die SAPS is meer korrup as enige ander instansie.

BoereBikerBaby ·

En ek moet verbaas wees???? SAPS is meer korrup as enige ander instansie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.