Polisieman, veiligheidswag tydens rooftog geskiet

Argieffoto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiebeampte en ʼn veiligheidswag is Dinsdag tydens ʼn transitorooftog by Randburg Square-winkelsentrum in Johannesburg geskiet.

“Veiligheidswagte was omstreeks 07:00 besig om geld by die winkelsentrum af te laai toe hulle deur ʼn onbekende aantal verdagtes oorval is,” het kapt. Doniah Mothutsane, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

“Die wagte het met die geld terug na hul motor gehardloop. Die verdagtes het lukraak begin skiet en ʼn veiligheidswag is in die onderlyf gewond.”

Die rowers het twee vuurwapens by die veiligheidswagte gesteel en in ʼn Polo en ʼn bakkie van die toneel gevlug. Terwyl hulle gevlug het, het hulle ʼn polisievoertuig gesien en daarop losgebrand.

Die polisiebeampte is in die bolyf getref en moes met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem word.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en poging tot roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.