
‘n Polisiebeampte en ‘n veiligheidswag is dood toe ‘n bende naby Tembisa op hulle losgebrand het. (Foto: Twitter)
ʼn Polisiebeampte én ʼn veiligheidswag is dood toe ʼn bende van minstens vyf mans Saterdagoggend in Elandsfontein naby Tembisa op hulle losgebrand het.
Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê die mans was in ʼn sportnutsvoertuig en het op die hoek van die R562 en M57 op die drie, wat in ʼn gemerkte polisievoertuig gery het, begin skiet.
Die bende was met gewere gewapen.
Die twee mans is op die toneel dood. Die vrou was ongedeerd.
Die polisielid, ʼn adjudantoffisier, was van Ivory Park.
Volgens Naidoo het die polisie reeds sy 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel. Ingevolge dié plan word bykomende hulpbronne beskikbaar gestel sodat leidrade so gou moontlik opgevolg kan word.
Die polisie het ook ʼn beroep op die publiek gedoen om vorendag te kom met enige inligting oor die voorval.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Olifantsfontein, nie Elandsfontein nie.
Nou wonder ek – was die aanval beplan, of was dit weer net opportunisme?
Ek neem aan hulle gaan die selfde erns toe pas in die polisie moord as vir ń plaas moord……