Polisieman verkrag glo gesinsgeweldslagoffer

polisie-huisroof-crime

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: SA Polisie)

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ʼn polisiebeampte van Brackenfell wat na bewering ʼn jong vrou verkrag het nadat hy haar van ʼn gesinsgeweldvoorval moes red.

Die betrokke beampte is ook intussen aan ʼn interne ondersoek onderwerp, maar is skynbaar steeds op sy pos.

Volgens die EFF in Kaapstad het ʼn vrou Sondag na die Brackenfell-polisiestasie gegaan om ʼn saak van aanranding teen haar kêrel aanhangig te maak. Sy het na bewering geen hulp of bystand van die beamptes by dié stasie ontvang nie.

“Omdat die polisie versuim het om haar by te staan, het sy terug na die kêrel toe gegaan,” sê Andiswa Madikazi, woordvoerder van die EFF.

“Terwyl sy by die kêrel se huis was, het die situasie egter ondraaglik geword en sy het die polisie ontbied om haar by te staan.”

Die betrokke polisiebeampte het glo kort daarna by die woongebied aangekom en aangebied om haar na ʼn veiliger plek te neem.

“In plaas daarvan om haar te help, het die beampte egter na bewering elders heen gery waar hy die vrou verkrag het. Hy het haar glo ook gedreig met die dood indien sy hom by die polisie aangee,” sê hy.

Volgens Madikazi het die beampte ʼn J-88-vorm ingevul in ʼn poging om die bewyse van sy misdaad uit te wis. ʼn J-88-vorm is ʼn regsdokument wat deur ʼn mediese dokter of geregistreerde verpleegster voltooi word om die beserings wat deur ʼn slagoffer opgedoen is, te dokumenteer.

“Hierdie onmenslike en kriminele daad beklemtoon net weer hoekom duisende verkragtingsake in die land nie aangemeld word nie.”

Grace Langa, woordvoerder van Opod, het Vrydag aan Maroela Media bevestig dat die ondersoekdirektoraat reeds besig is om die saak te ondersoek, maar dat geen besonderhede oor die ondersoek in dié stadium bekend gemaak kan word nie.

ʼn Saak van verkragting is ook by die Brackenfell-polisiestasie aanhangig gemaak.

“Die Wes-Kaapse polisie het ʼn interne dissiplinêre proses van stapel gestuur met betrekking tot die beweerde verkragting en die feit dat die Brackenfell-polisiestasie versuim het om die slagoffer by te staan toe sy aanvanklik hulp gesoek het,” het brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, aan Maroela Media vertel.

“Die SAPD beskou die aantygings teen die betrokke polisielid en lede van die Brackenfell-stasie in ʼn ernstige lig.”

Die EFF het intussen die polisiebeampte se optrede ten sterkste veroordeel.

“Ons sal nie hierdie misdaad onbetwis laat gaan nie en sal veg totdat geregtigheid vir hierdie vrou geskied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

SjN ·

Swak verby, wat soek die uitvaagsel in die possisie, nader vir hoedeman om kommentaar.

Di ·

Weereens ‘n bewys dat BAIE van die “POLISIE” lede wat vandag in diens is, korrupte spul kriminele is. Dit als danksy die ANC Kaders wat hierdie spul aangestel het.

Pierre ·

Snaaks hoe die EFF iets te se het oor Brackenfell polisie statsie maar nie oor al die ander nie is dit omdat julle daar bietjie slae gekry het.

KatjieDeKat ·

Hierdie tipe ding gebeur. Nie noodwendig iets so drasties soos verkragting nie, maar dat jy aangerand word deur jou man en by die polisie stasie doen hulle niks. Die polisieman bel jou man om te se hy moet die klagstaat kom teken, dis al. En omdat jou man nie gearresteer is nie, kan hy dan die res vd naweek vir jou bel en sanik oor hoe hy sy werk gaan verloor en jou verder dreig. Tot jy maar die klag terugtrek vir n bietjie vrede. Daar is vroue wat nie gesinne het om by te gaan woon nie. Dis erg wanneer die polisie jou dan so aan jou lot oorlaat. Hierdie land het Baie meer toevlugs oorde nodig vir mishandelde vroue.

Shakespeare ·

Normale ANC/EFF SAP lid. Deurspek met korrupte, onbevoegde kader gemors.

Swerwer ·

Skors hom sonder vergoeding tot ondersoek afgehandel is en sluit hom toe. Nou ja Hoed, op sulke gevalle reageer jy mos glad nie.

Vonkprop ·

Haai EFF, lanklaas van julle gehoor. Gaan dit goed? Julle is mos nou uitgewerk uit die munisipaliteite uit so is dit nou waarmee julle julleself besig hou? Stuur groete vir julle leier!

JM ·

SIEK, siek, siek!! Verkragting het die nasionale sport geword.

petro ·

ja Suid Afrika kan na die Olimpisie spele gaan met die nuwe nasionale sport

Marius ·

Is daar nie in een van die vorige berigte gesê al die kriminele elemente sal verwyder word. Wat doen hy nog in uniform?

petro ·

as die polisie dit in n ernstig lig beskou sou hulle hom onmiddelik ontslaan het dit is nou die goed wat jy moet vertrou

Boerinmurgenbeen ·

Skurk in uniform, ek sal my verstout om te sê dit is korrupte politikuste se skuld, geen wette in plek om korrupte politikuste tronk toe te stuur en hulle bates te verkoop om vir die verliese aan belastingbetalers geld op te maak nie. Daarom dat sulke gevalle op voetsoolvlak plaasvind. Laat daar by die kop begin word, die lyf sal vanself gesond word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.