Polisieman verkrag glo seuns; probeer selfmoord pleeg

Argieffoto

Argieffoto

‘n Polisiebeampte van die Bellville-polisiestasie in Kaapstad is in hegtenis geneem nadat hy glo twee 14-jarige seuns verkrag het.

Grace Langa, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die 40-jarige polisiebeampte het die twee seuns glo oor ‘n tydperk van vier jaar seksueel misbruik.

“Opod het op 20 Junie 2014 bewus geword van die saak…die polisiebeampte is op 2 Julie in hegtenis geneem nadat hy glo ook van sy kollegas met die dood gedreig het.”

Langa sê die beampte is na sy arrestasie na die Kraaifontein-polisiestasie geneem. Hy het toe glo probeer selfmoord pleeg deur sy polse te sny. “Hy is na ‘n plaaslike kliniek gehaas vir behandeling voor hy teruggeneem is na die polisiestasie toe.”

Die polisiebeampte het die seuns glo verkrag in die badkamer by die polisiestasie waar hy gewerk het. “Daar is ook bewerings dat die verdagte die seuns gedwing het om pornografiese video’s te kyk by sy huis. Hy het die slagoffers glo na die tyd tussen R50 en R200 gegee.”

Die beampte sal na verwagting Vrydag in die Blue Downs-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.