Polisieman verkrag glo vrou in aanhouding

Argieffoto

ʼn 50-jarige polisebeampte in Noordwes is in hegtenis geneem op aanklag van verkragting.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het gesê die beampte is Donderdag in hegtenis geneem nadat die waghond ʼn verslag oor die beweerde verkragting ontvang het.

Die beampte is in Mmabatho gevestig. Volgens Dlamini word daar beweer dat die beampte die vrou vroeër vandeesmaand verkrag het terwyl sy in aanhouding was oor sy glo ʼn beskermbevel verontagsaam het. Die beweerde slagoffer is 29 jaar oud.

Die beampte sal binnekort in die Molopo-landdroshof in Mmabatho verskyn op aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

willem Botha ·

Dit is hoekom die misdaad so buite beheer is ,die kastige polisie wat meestal met misdaad self betrokke is doen nie hulle werk nie ,behalwe natuurlik die perlemoen eenheid vir obvious reasons natuurlik.

Heksie ·

Presies wat gebeur het in ‘n Brakpan paar jaar gelede.
Die lid was geskors vir 2 jaar en weer terug op sy pos om verder droog te maak …

sweis ·

Dit het tyd geword om n klas aksie teen die polisie in te stel vir al die mense wat ly onder misdaad, oppod ondersoek miskien maar wat kom daarvan.

Willie ·

Ongelukkig is die SAPD verrot! Geen trots, geen dissipline, geen gesag, geen behoorlikke bestuur, polisie stasis moet kameras in he.. sodat die GPF, Polisie bestuur, en beheerligame kan monitor! Ek het geen respek vir n polisieman nie, ek sien hulle as skelms..n Mafia in SA

Penelope ·

Ons land is in ‘n groot gemors en daar is niks wat ons daaraan kan doen nie. Mens se hande voel so afgekap…..

VREESLOOS ·

Wat ‘n vreesaanjaende gedagte! Vasgekeer in ‘n hok, saam met DIT wat jy glo sal jou beskerm . . . dan word jy ontnugter! Mag die hof van hierdie verkragter ‘n voorbeeld maak, Ek wens hom NET die slegste toe!

Tammy ·

Nee wat, jy sit die pot mis. Ongeag die omstandighede mag die polisieman haar nie NIE VERKRAG NIE, al doen sy ook wat, nee, nee, nee…. In die eerste plek hy is aan diens om sy werk te doen waarvoor hy betaal word, tweedens hy is daar om die publiek te beskerm, en derdens moet hy sommer “gefire” word vir die skande wat hy oor die SAPD bring, SIES man dis n skande dat daar sulke mense in die polisie werk!!! Hy is een van die wat bydra dat die publiek slegte dinge dink van die beroep. Daar is die beamptes wat hard werk en alles moontlik doen vir hulle reputasie, hulle waag hulle lewens, maak opofferings teenoor hul gesinne, en dan kom hierdie betrokke beampte en vernietig n hele land se siennig oor die polisie. Hy moet sommer lewenslange tronkstraf kry.

Skandelik ·

Waar is die manne in blou en hulle vrouens wat die polisie so verdedig? HET NIEMAND dit gesien nie of is julle almal kop in een mus?

Michael ·

Hier moet Cele ook aangekla word dat hy toelaat dat daar sulke mense in die polisie aangestel word. Mense dit is erg wat in S A aangaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.