Polisieman vermoor eks, skiet homself

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiebeampte van Plettenbergbaai het eers sy voormalige vriendin doodgeskiet voor hy homself om die lewe gebring het.

Volgens kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het die voorval Maandag omstreeks 17:00 in Pine Trees plaasgevind.

Konst. Anela Memani (29), wat van diens af was tydens die voorval, het sy voormalige vriendin, Sphokuhle Gwexa (23), in ʼn straat naby haar huis gekry.

“Hulle het glo in ʼn stryery betrokke geraak waarna die beampte sy dienspistool uitgepluk en verskeie skote afgevuur het.”

Volgens Pojie is Gwexa verskeie kere geskiet en op die toneel dood verklaar. “Memani het homself hierna in die kop geskiet.” Hy is ook op die toneel dood verklaar.

Die polisie is deur gemeenskapslede na die toneel ontbied. “Forensiese kundiges en speurders het die toneel vir leidrade gefynkam. Hulle het beslag gelê op die vuurwapen en vir ballistiese toetse gestuur.”

Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek begin en ondersoek ook ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sean ·

En die regering reik automariese aanvalsgewere aan die weermag uit??? Onbevoegte spul met skietkrag Wat verwag hulle??

antieke antie ·

wanner gaan polisie getoets word of hulle bevoeg is vir die wapens te misbruik…. ek weet van baie wapendraers se families wat bang is want hulle weet dis n tydbom in emosionele onbevoegde mense hande

Michael 1 ·

Polisie moet beter gekeur word hierdie persoon kon duidelik sy emosies nie beheer nie om water rede ookal en moes daarom nooit n polisieman gewees het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.