Polisieman vermoor: Kollega, nog ʼn verdagte skuldig

Ao. Steven Britz. Foto: Facebook

Ao. Steven Britz. Foto: Facebook

Twee mans wat op 16 April 2014 by die Klapmuts-polisiestasie ingestorm het en ao. Steven Britz (44) doodgeskiet het, is skuldig bevind.

Patrick Luvuyo Ndevu (33), destyds ʼn konstabel by die stasie, en sy medepligtige, Mlindiso Mbaliso (35), is in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan moord met voorbedagte rade, roof met verswarende omstandighede, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.

Ndevu en Mbaliso het na die polisiestasie se gemeenskapsdienssentrum gegaan waar hulle Britz in die kop en hand geskiet het voordat hulle met vier 9 mm-pistole, ’n R5-aanvalsgeweer, ammunisie en ’n polisieradio gevlug het. Die twee het ook Britz se vuurwapen gesteel.

Ndevu en agt ander verdagtes is twee dae ná die moord vir ondervraging in hegtenis geneem terwyl Mbaliso hom aan die polisie oorgegee het. Die ander agt verdagtes is vrygelaat aangesien hulle nie positief met die saak verbind kon word nie.

Ndevu en Mbaliso sal op 20 April gevonnis word.

Britz was 22 jaar lank in diens van die polisie. Hy laat sy vrou en twee seuns agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pieter.v ·

Siende dat dit n geregs dienaars was wat veronderstel was om die publiek te beskerm teen die soort wat hulle is, is lewens lank plus sonder parool gepas.

SNEL ·

Ek stem Pieter, lewenslank. Dis darem maar vreeslik, vermoor vir geen rede. Sy arme vrou en seuns. Baie sterkte aan hulle.

bella ·

Dit is vreeslik. Bring di doodstraf terug, dit is al wat sal help. Of maak soos di ander lande. Kap di hand af wat la om te moor. Sterkte aan sy vrouben seuns. Dit is n groot verlies. Ons Bid vi julle.

Ruby ·

Patrick was seker honger…..nee wag, hy was ‘n konstabel.

Dan was barbaarsheid, moordlustigheid en verwoesting sy denkwyse.

‘n Man, Pa en geliefde is weggeruk deur…………ek mag nie sê wat ek wil anders word my kommentaar nie geplaas. Baie sterkte aan sy geliefdes.

m ·

Hy het seker te veel geweet van hulle omwettige bedrywighede is toe raak hulle van hom ontslae… Lojaliteit bestaan nie in hierdie mense se taal nie.. Sterkte aan die familie.

Hmmmm ·

Ek weet nie, maar ek vermoed die motief was suiwer om hul hande op die vuurwapens en ammunisie te lê – arme ao Britz was “collateral damage”. Die vraag ontstaan, waarvoor wou hul die wapens gebruik en is dit ooit teruggevind? Al kon die ander nie positief verbind word nie, sê dit nie hul is onskuldig. Die aanval was duidelik ‘n middel tot ‘n doel – hopelik is of gaan die doel nie nog bereik word nie.

Maryna ·

Omgekeerde rassisme verskil is net ons het nie verkrag en vermoor nie die mense huiwer nie om moord te pleeg nie selfs al is hul in uniform.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.