Polisieman verongeluk ná verdagte hom glo aanval

'n Foto van die toneel. Foto: Verskaf

‘n Foto van die toneel. Foto: Verskaf

Die Gautengse polisie is op die toneel van ʼn ongeluk waar ʼn polisiebeampte van Limpopo na bewering verongeluk het terwyl hy glo besig was om ʼn verdagte van Polokwane na Pretoria te vervoer.

Maroela Media het by twee betroubare bronne op die toneel verneem ʼn polisiebeampte is in die ongeluk dood, wat omstreeks 12:00 op die N1-suid naby die Stormvoël-afrit gebeur het. Die Villieria-polisie en plaaslike owerhede is na die toneel ontbied.

“Die beampte, ʼn adjudant-offisier, het bestuur, met die verdagte op die agterste sitplek van ʼn wit ongemerkte motor,” het een van die bronne aan Maroela Media gesê.

Die verdagte het vermoedelik die beampte probeer aanval, waarna die beampte beheer oor die voertuig verloor het. Die voertuig het van die pad af geswenk en in ʼn betonsloot langs die snelweg beland.

Die beampte is vermoedelik op slag dood en die verdagte is in ʼn kritieke toestand onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem.

Kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê inligting oor die voorval is nog skaars en die polisie is nog op die toneel om ondersoek in te stel. Hy het onderneem om amptelik kommentaar te lewer sodra meer inligting beskikbaar is. Hy kon nie dadelik bevestig of die oorledene wel ʼn polisiebeampte is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

GES ·

Dit klink nie baie slim om ‘n verdagte in ‘n gewone motor te vervoer. Ek sou gereken het daar moes van ‘n vangwa gebruik gemaak word of ‘n 2de beampte moes saamgery het om die verdagte onderbeheer te hou. Peet miskien kan jy meer lig op die prosedure werp.

alex abraham ·

siende dat die “polisie beampte” op slag dood is wat gee hulle dan die informasie vn hoe die ongeluk gebeur het of wat daartoe gelei het?

Deloris ·

Hoe hoe laat die SAP toe dat ‘n verdagte/skollie agter in ‘n motor sit sonder dat hy vasgemaak is…. ek hoop hulle leer iets hier uit.

NATACIS ·

DAAI WAS N GOEI POLISIE MAN GEWEES , HY SOU GEEN FOUT GEMAAK HET NIE HY SAL GEMIS WORD.

Willem ·

Ongehoort as julle my vra. Inligting gekry dat die gevangene die beampte met boeie van agter die motor probeer verwurg het. Die hoof van daai stasie moet pa staan en verantwoording doen hoekom daar nie n 2 de beampte saam in die motor was nie en hoekom is die gevangene nie behoorlik beveilig nie. Die beampte is onthoof in die insident en n lewe is weggeneem weens nalatigheid en klaar.

Henk Botha ·

Buurman, ons gaan jou mis…..ons sal ons bes doen om Joey by te staan.RUS IN VREDE!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.