Polisieman verwurg met kombers

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte van KwaZulu-Natal is glo Vrydag in ʼn polisiestasie se aanhoudingselle vermoor.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die 54-jarige adjudant-offisier was in die aanhoudingselle van die Esikhaleni-polisiestasie toe hy deur verhoorafwagtende gevangenes aangeval is. Hulle het hom glo met ʼn kombers gewurg tot hy sy bewussyn verloor het.

Volgens Naicker is die beampte na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar hy kort ná sy aankoms dood verklaar is. “’n Saak van moord is geopen vir ondersoek en die vyf mans wat verhoorafwagtend is vir sake van roof en huisbraak sal van sy moord aangekla word.”

Die verdagte sal Maandag in die Esikhawini-landdroshof verskyn. Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die moord op die polisiebeampte ten sterkste veroordeel. “Dit is ʼn sinnelose daad van misdaad deur diegene wat geen respek het vir die wet nie. Ek wil graag my innige simpatie aan die familie van ons afgestorwe kollega oordra.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.