Polisieman vir dood agtergelaat ná aanranding

Kapt. Johan Grotius het ernstige kopbeserings opgedoen (Foto: Verskaf)

’n Polisiekaptein van Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, is ernstig beseer toe hy Sondagaand voor sy huis deur drie insittendes van ’n Kombi aangerand en vir dood agtergelaat is.

Die aanranding het net voor 20:00 in die straat voor kapt. Johan Grotius (53) en sy gesin se woonkompleks in Amanzimtoti plaasgevind. Die kompleks is sowat twee blokke van die plaaslike polisiestasie geleë. Grotius se vrou, Kate Kruger, het net na die aanranding die polisie ontbied, maar sê dié het eers ongeveer vier uur later op die toneel opgedaag. Die polisiebeamptes in die polisiestasie waar Kruger ’n saak wou open, het ook glo net hande gevou gesit en geen poging aangewend om die gesin te help nie.

Grotius is al die afgelope 36 jaar in die polisiediens. Hy is verbonde aan die polisie in Amanzimtoti se helikopter-eenheid.

Kruger vertel haar man het omstreeks 19:45 met die gesin se Jack Russell in die straat gaan stap. Die hond het na ’n Kombi wat by ’n woonkompleks langs hul kompleks geparkeer was, gehardloop. Die hond was nie aan ’n leiband vas nie.

Die Kombi het by die woonkompleks langs Grotius-hul se kompleks gestaan (Foto: Verskaf)

“Johan het agter die hond aangehardloop en is deur drie mans in die Kombi gekonfronteer. Volgens Johan was hulle besope en het skoor met hom gesoek,” vertel Kruger.

“Die mans het leë bierblikkies voor Johan in die pad gegooi. Hy het hulle daaroor aangespreek en hulle het hom met ’n vol bierblik in die gesig gegooi. Hulle het ook vir hom gesê hy moet teruggaan huis toe omdat die bendes in die strate ronddwaal.”

Kruger vertel die mans het daarna uit die Kombi gespring en Grotius oorval.

“Johan het verbete terugbaklei. Hy is so sterk soos ’n bees en hulle kon hom nie plattrek nie.”

Kruger vertel toe die mans sien dat hulle nie vir Johan gaan kan platslaan nie, het een van die mans die Kombi se bagasieruim oopgemaak en ’n staalvoorwerp uitgehaal. Dit is nie duidelik watter voorwerp dit presies was nie.

“Die mans het Johan vier keer met die voorwerp oor die kop geslaan. Hy het na die vierde hou sy bewussyn verloor en in die pad inmekaargesak. Die mans het daarna die hasepad gekies.

Grotius se horlosie was in vier stukke gebreek (Foto: Verskaf)

“Johan kon daarin slaag om op te staan en het na ons kompleks se hek gestrompel. Hy het voor die hek weer inmekaargesak.

“Sy hele gesig en kop was vol bloed. Ek kon skaars sy gesig deur die bloed uitken. Die vel onder sy oë was bloupers van kleur en ek het besef ons moet hom so gou as moontlik by die hospitaal kry.”

Volgens Kruger is Grotius se metaalhorlosie in die straat gevind en dié was in vier stukke gebreek. “Hy het omtrent baklei.”

Kruger sê hulle het die ambulans ontbied, maar toe dié nie vinnig genoeg reageer nie, het hulle Grotius in hul motor gelaai en self hospitaal toe geneem. Hulle het ook die polisie drie keer gebel, maar dié het ook nie opgedaag nie.

“Ons het toe maar ʼn tafeldoek om Johan se kop gebind om die bloed te probeer stop.”

Kruger het Grotius toe self na die Netcare Kingsway-hospitaal in Amanzimtoti geneem waar dokters hom gestabiliseer het. Dokters het 60 steke in sy agterkop gesit om die wonde toe te werk. Ná ’n breinskandering is daar ook vasgestel dat Grotius se skedel gekraak is.

Volgens Kruger wou dokters Grotius na die intensiewe sorgeenheid (ICU) oorplaas, maar daar was nie ’n enkele bed beskikbaar nie. Hy is per ambulans na die Ahmed Al-Kadi-private hospitaal in Durban geneem, waar hy in die ICU opgeneem is.

Dokters het ’n MR-skandering gedoen en ook gesien Johan het ’n oop fraktuur op sy skedel. Hy is Maandagmiddag geopereer om die fraktuur te herstel.

“Johan is tans stabiel en herstel mooi,” sê sy vrou.

Polisie wil nie help nie

Grotius het verbete teen die aanvallers baklei (Foto: Verskaf)

Kruger vertel sy en haar dogter is Sondagaand omstreeks 22:45 na die Amanzimtoti-polisiestasie om ’n saak van aanranding aanhangig te maak.

“Ons het in die polisiestasie ingestap en daar het twee konstabels in stoele gesit en slaap. ’n Vrouekonstabel by die toonbank het ons probeer help, maar dié het baie onkundig en onbehulpe voorgekom. ’n Ander vrouekonstabel by die toonbank het haar stoel se rug na ons gedraai, haar tong geklap en iets in Zoeloe gesê.

“Daar was ook ’n polisieman wat op sy arms gelê en slaap het. Hy het na drank geruik en wou ons ook nie help nie. Nie een van die polisiebeamptes het ’n daadwerklike poging aangewend om ons verklarings af te neem nie.”

Volgens Kruger het die polisie omstreeks 23:45 eindelik by die kompleks opgedaag om haar en haar dogter se verklarings te neem. Dit is byna vier uur nadat hulle na die toneel ontbied is.

Hieroor is die gesin baie ontsteld.

“Die ergste is dat die polisie nie eens moeite gedoen het om ’n mede-polisiebeampte in nood te help nie.”

Die polisie het die voorval aan Maroela Media bevestig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

SjN ·

Hoedeman, jy moes al by daai stasie besoek afgele het, kom weg van die strande af.

Elmarie ·

Die polisie se traagheid is meer skokkend as die voorval self. Waar is Mnr Hoed nou om kommentaar te lewer?

Tanniepetoors ·

Ek hoop daar is ‘n paar foto’s van die onbeholpe, slapende beamptes in die aanklagkantoor geneem. Hierdie gedrag en gebrek aan diens is verregaande.

Toy ·

Hulle moet minder hande gevou sit en BEGIN WERK. Dit is n SKANDE hoe dit gaan in hierdie land. 4 ure later is ONAANVAARBAAR om dan eers op te daag. Mens is so DIK vir hierdie SWAK diens wat gelewer word.

casper ·

Ek sou reken dat dieselfde handgevoudes is deel van die aanrandings komplot !!

Androclus ·

“Our people” se mense was en sal nog nooit in die polisie deug nie.

Keith ·

Toti police station “officials” have not changed much over the past 25 years, it would seem.
Wishing the Captain a speedy recovery.

Nonnie ·

Tipiese polisie gedrag, dronk, patetiese anc kaders…..!!!!!

Dries ·

Ek het n paar jaar gelede dieselfde ondervind toe ek by n vulstasie van agter bekruip en aangevalis.
Treurig verby.

Misky ·

Absoluut skokkend en so gaan alles ten gronde. Polisie help nie eens hul eie nie, wat nog die man op straat!!! Sterkte en dagvaar hulle in persoon en hoop Mev. Kruger het fotos geneem van daai beamptes aan diens

Persheks Adri ·

Dis nou hoe hulle 1 van hulle eie behandel! Geen wonder ons hou níks van hulle nie. Hoed sê ook níks oor sy nuwe wanna be rambo’s nie! Dis die diens wat ons kry en voor betaal

Kobus ·

Hoed sal nou op TV nuus wees en die boewe waarsku dat “reg en geregtigheid” sal geskied en dan sal al sy lyfwagte se ” well done sir!”

Swerwer ·

Lae gemene …………………………………….. Nèè, Hoed dit het nou absoluut te vêr gegaan. Behalwe dat daar teen die SAP lede opgetree moet word, moet daar teen jou ook opgetree word, jy is onbevoeg as Minister van Polisie! My bloed kook.

Elinette ·

Hou op krap aan ou Hoed en watsenaam! Julle behoort teen dié tyd te weet dat Ramaparra nie van Ou Hoed ontslae gaan raak nie. Maak ‘n verskil deur volgende keer òf van die stembus af weg te bly óf jou kruisie agter die naam van ENIGE party behalwe die ANC te trek.

Kobus ·

Probleem is ons stem wel reg maar die mense met wie jy hier praat lees nie MM nie. Dis ongelukkig die feite

Mary Charlotte ·

Dankie Vader ons het baie behulpsame, opregte gawe polisie beamptes in ons dorp!!! Nog nooit nodig gehad om te kla nie!

Maggies ·

Om só op te tree teenoor een van hul eie (polisiemag) is onaanvaarbaar. Spreek vir my van rassisme.

Jr ·

Hier in Carletonville gaan dit die selfde. Ons bly oorkant Sibanye myn se hostel behuising in die dorp. Elke liewe dag urineer hulle in die ope. Daar is meer as 20 toilets binnekant. Gooi hulle vullis neer. Gooi hulle bierbottels in die straat. Besope in publiek. Rasserig. Harde musiek. Hulle woon daar vir R800 rand n maand water en ligte ingesluit. Betaal nie n sent aan die munsipaliteit nie maar mag stem en n sê oor n munsipaliteit hê. Praat met hulle dan kom die vervloekte swart Ace of racism kaart uit. Go back to Europe – onnoselle stupid sê ding wat hulle jou toesnou. Jy is verkeerd – nie hulle nie. Polisie?. n Paar maar die res GLORIFIED CAR GUARDS

Jr ·

Laat jou prokereur die diens lys trek van daai aand en kla hulle ALMAL AAN.

Prontuit ·

as ‘n Polisie kaptein nie eers gehelp word nie!!!!!! liewe land dan weet ek wraggies nie meer nie wat moet ons gewone jan rappe dan se ek kan net my kop skud

Douglas ·

Wouldn’t it be nice if we still had our old S A Police Force to serve us.

Pietertjie ·

SAPS: die prys wat ons betaal vir “regstellende aksie”.

Werner ·

Anargie dit is wat ons toekoms is mag God ons behoed en bewaar

Duck ·

Dit is die probleem met polisie manne, dink hul is die alfa en omega. Daardie dae is verby dat ‘n lid van die SAP ‘n persoon op die straat aanspreek en dat hul gehoor sal gee. Vandag is dit ‘n “gamble” battle of the strongest” en as jy alleen is teen twee of drie manne, sonder ‘n vuurwapen, wat jy in elk geval nie mag gebruik nie anders kla hul jou aan as ‘n moordenaar, is jy IJM

gatgogga ·

Ek kan nie glo dat ons mense nie wou saamwerk vir ons eie onafhanklike staat nie.
Nou sien ons wat met ons aan die gebeur is.

Zombie ·

Die Strandloper is seker besig om nuwe strandoperasie te beplan. Nou het hy seker nie tyd om aan ernstiger sake aandag te gee nie. Ek wonder of hy en ander in staat is tot selfrefleksie en hoe hy homself sien.

christo ·

Dieselfde swak diens is algemeen in Witbank. Veral saans is die diens power. Polisielede is ‘aan diens’ sonder enige kentekens met hulle vanne. Mense is afhanklik van jou alarm maatskappy se gewapende reaksie vir veiligheid.

Marina ·

Hulle was seker kom in een mus met die aanvallers, dis hoekom die polisie dalk nie wou help nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.