Polisieman vir skok behandel ná inhegtenisneming

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Konstabel van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, wat by Caledon in die Wes-Kaap gestasioneer is, was só geskok toe hy in hegtenis geneem is in verband met afpersing, dat hy gehospitaliseer moes word.

Die 38-jarige polisiekonstabel en sy 15-jarige broerskind is Donderdag deur lede van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) in hegtenis geneem vir beweerde korrupsie ter waarde van R50 000, het kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die konstabel het na bewering, buite diensure, ʼn tandarts van Grabouw genader en aangevoer hy ondersoek beweerde vals eise wat deur die tandarts by sy mediese fonds ingedien is. “Hy het glo die geld geëis en die tandarts afgepers,” het kapt. Ramovha bygevoeg.

“Die Valke is in kennis gestel en ʼn operasie is uitgevoer waartydens die polisiebeampte en sy broerskind buite die tandarts se perseel in hegtenis geneem is toe die dokter die geld oorhandig het. Die polisie het beslag gelê op die kontant wat in die tiener se handsak was.”

Die konstabel was geskok ná die inhegtenisneming en hy moes vir simptome, soortgelyk aan dié van ʼn hartaanval, behandel word. Hy was onder polisiebewaking by ʼn plaaslike hospitaal. Die minderjarige is onder haar ouers se sorg vrygelaat.

Hulle sal na verwagting Maandag in die Grabouw-landdroshof verskyn op aanklag van korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Zoro ·

As jy strooi wil aanvang moet jy jou hart in die vrieskas los . Waar sou die konstabel eindig as hy so vroeg ‘wyks vooie’ eis

Sarie ·

Dis niè àltyd van gierigheid nie. Soms is iemand in sò ‘n penarie dat hy/sy so-iets as die enigste uitweg sien. As hy ‘n deurtrapte skelm was, sou hy moontlik niè sò hewig gereaggeer het nie… Ek voel òòk vir hom jammer… Wàt ookal die dryfveer was, dis iets wat nòòit moes gebeur het nie… Nou is hy nog sy werk ook kwyt…

Kobus 4e ·

Ag nee julle, daar is geen verskoning wat dit regverdig nie. Sluit hom toe, hy is n polisieman, hy weet verseker van beter. Hy is net geskok hy is gevang, gedink hy sal wegkom

twakkies ·

Nee wat hy gaan op verpligte betaalde verlof. Na die hofaak gaan hy onsluldog bevind word. Dan gaan hu terig werk toe en kry bevordering. Wie weet dalk die volgende no 1.

pieter ·

Die eerste vraag wat by my opkom; hoe is dit moontlik dat n polisie beampte op 38 jarige ouderdom nog n konstabel is?

Koos ·

Dis hoe dit werk. Mens kry nie bevordering nie. Moet ten minste elf jaar konstabel wees. Dan kry jy Free bevordering. Niks werk meer op meriete nie

Jenny Thom ·

Sjoe, van watter planeet kom die arme konstabel. Hulle is sooo gewoond hul kom met “moord” weg, net die idee dat hy uitgevang is, is eens te veel vir hom. Lieweland, dankie tog vir die tandarts wie dadelik iets omtrent die onaanvaarde situasie gedoen het!!! Genugtig hy het in droomland verkeer. Word wakker outjie en wees nou mans genoeg om jou straf te dra!! Daar is absoluut geen verskoning van geen aard vir sulke laakbare gedrag nie. Dit is waarom ons arme land in die toestand is. “Soveel” doen dit en kom weg daarmee, hy het ook so gedink. Dit word amper “algemeen” aanvaar!!Siestog arme Sarie en Hendrik dan kry julle hom nog jammer! 10 uit 10 Valke vir jul optrede!!!

Lala ·

Oeps geld kan nie als reg maak wat krom is nie .Ai ai plaas jy nou n mense se geroep op die spel vir R50 .O00

bompie ·

Betaal die polisie beamptes meer en heel moontlik sal dit nie gebeur nie. Hulle word maar min betaal vir wat hulle doen. N werk wat bitter min wil doen en kry Geen erkenning as jy slag iets goed doen nie. En ja bevordering kom omtrent elke 11de jaar. As jy gelukkig is.

Shirley ·

Ja salaris baie min en bevordering skaars. My man is al 22 jaar ‘n Speur Kaptein en glo nie hy sal bevorder word nie. Sal seker as ‘n Kaptein moet aftree, hy is al 33 jaar in die polisie.

Oom Walker ·

Om hulle bloot net meer te betaal sal nie die probleem oplos nie. No.1 en sy maatjies kry hopeloos te veel, maar steel nog steeds…….

Stormrider ·

Hulle het nou die manne gevat. Interresant dat die tandarts groot bedrae geld oorhandig vir iets waaraan hy onskuldig is. Vertel ons wie hierdie tandarts is? Sal hy ook nou ondersoek word hoop ek? Anders is hy dalk onskuldig en het die Polisie gekontak toe pogings om hom af te pers begin het? Meer inligting sal help.

Deon ·

Nee wat, ek kry daardie polisieman glad nie jammer nie!! Afpersing is ‘n vreeslike misdaad!! Ek woon nie vêr van ‘n landsgrens waar mense daagliks onwettig deurgelaat word deur Polisie. ‘n Vriend van my het ‘n restaurant daar naby en sê die polisie het daagliks daar kom eet en drank koop, maar so ruk gelede is die SANW ontplooi en begin om patrollies te ry, en om dan onwettige mense in hegtenis te neem. Raai wat, geen Polisie wat meer kom uit eet want die omkoop kraantjie is toegedraai!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.