Polisieman voor sy huis doodgeskiet

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 39-jarige polisiebeampte is Maandagoggend op pad werk toe voor sy huis in Kaapstad doodgeskiet.

Konst. Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het gesê die beampte, ʼn konstabel van die Grassypark-speurtak, is omstreeks 06:15 in sy motor voor sy huis in Hlosistraat in Philippi-Oos doodgeskiet.

“Die beampte was op pad werk toe en het in sy ongemerkte ampsmotor gesit toe hy deur ʼn onbekende aantal verdagtes aangeval, geskiet en van sy dienspistool beroof is,” het Rwexana gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die polisie doen ʼn beroep op die publiek om met inligting vorendag te kom wat hulle in hul ondersoek kan bystaan. Bel ao. Alfred Baker van die Valke by 071 351 7464.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.