Polisieman wat as held sterf se moordenaar gevonnis

hof-hamer

Argieffoto.

Die Valke het die vonnis wat Hlakaniphani Miya (33) opgelê is vir die moord op konst. Sithembiso Sifiso Yende (38), ʼn voormalige lid van die Ladysmith- taktiese reaksiespan, verwelkom.

“Ons verstaan baie goed dat die vonnisoplegging nooit vir konst. Yende sal terugbring of sy familie se seer sal wegneem nie, maar ons regstelsel het verseker dat Miya vir sy sondes op dié aarde betaal,” het lt.genl. Yolisa Matakata, waarnemende nasionale hoof van die Valke, gesê.

Yende het op 8 Maart 2014 sy bure te hulp gesnel nadat drie gewapende rowers hulle aangeval het. “Hy is gekonfronteer deur die drie gewapende mans wat lukraak geskiet het; hy het in selfverdediging vir Miya geskiet, maar is deur die verdagtes oorrompel,” het kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die verdagtes het van die toneel gevlug met Yende se dienspistool en hy het later op die toneel aan sy beserings beswyk. “Die Valke het die ondersoek oorgeneem en ʼn reusesoektog van stapel gestuur. Die verdagtes het hulself aan die Valke oorgegee nadat hulle agtergekom het die Valke is warm op hul spoor.”

Nkosiyakhe Mabaso (33), Thando Mabaso (31) en Miya het in die hof verskyn waar hulle borgtog toegestaan is. “Albei Mabaso-mans is noodlottig gewond in ʼn taxigeveg in die Ezakheni-omgewing,” het Mhlongo gesê.

Miya is Donderdag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof tot 22 jaar tronkstraf gevonnis vir moord, 10 jaar vir die besit van ʼn onwettige vuurwapen en vyf jaar vir die ontvoering van Yende se bure.

Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

What? ·

Vonnise wat gelyklopend uitgedoen word BETEKEN NIKS. Dit beteken dit is net die oorspronklike vonnis en dan natuurlik vir GOEIE GEDRAG word parool na 5 jaar oorweeg . so hy is oor 5 jaar weer op straat .. maar wat . wie gee om?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.