Polisieman wat by stasie doodgeskiet is se naam bekend

SAPS-keppieDie polisiebeampte van die Wes-Kaap wat Woensdagaand omstreeks 10:30 by die Klapmuts-polisiestasie buite Stellenbosch doodgeskiet is terwyl hy aan diens was, se naam is bekendgemaak.

“Ao. Steven Brits (44) is tydens ʼn vermeende rooftog by die polisiestasie doodgeskiet,” het lt.kol. André Traut, ʼn polisiewoordvoerder, Donderdag gesê.

Brits is deur ʼn onbekende aantal mans oorval en doodgeskiet. Sover vasgestel kan word, word ʼn vuurwapen vermis. Meer inligting volg.

Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Arno Lamoer, sal na verwagting later die dag die media by die polisiestasie sal toespreek. – SAPA

Lees ook:
Polisiebeampte by stasie doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marcel ·

Ek glo nie wat ek lees nie, dat hulle nou al polisiestasies beroof. Sterkte aan die familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.