‘Polisieman’ wat gemeenskap terroriseer, ontmasker

Argieffoto ter illustrasie: SAPD

ʼn Man in ʼn polisieuniform wat winkeleienaars in Tjakastad in Mpumalanga geterroriseer het, is uiteindelik vandeesweek vasgetrek.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Gladwell Mandla Masango (34) was in ʼn polisiesweetpak geklee en het ʼn vervalste polisieaanstellingsertifikaat by hom gehad.

“Masango het glo verskeie winkels wat deur buitelanders besit word in Tjakastad beroof. Hy het voorgegee hy is ʼn polisieman en het van die een winkel na die ander beweeg en voorgegee hy gaan hul nakomingsrekord na,” het Hlathi gesê.

In die proses is die ondernemings beroof.

Die polisie het inligting van die gemeenskap ontvang oor die man se onderduimse aktiwiteite. Hulle het vinnig gereageer en die man is vasgetrek.

Masango het vandeesweek in die Eerstehoek-landdroshof verskyn waar hy borgtog van R800 ontvang het.

Hy moet 13 September weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Awie Opperman ·

Geen foto van die man se gesig nie? Blankes se fotos word gereeld geplaas.

Jaco ·

Kan mens nog Polisie se dienste enigsins gebruik. Dis van vermoor, verkrag en terroriseer. Mens wil maar eerder niks rapporteer nie.

Linda van Mosselbaai ·

So kry die goeie polisie ‘n slegte naam .

Ons is dankbaar vir die polisie dienste hier op Mosselbaai.
Baie dankie vir julle harde werk – asook vir die Buurtwagte.

Elsa ·

Tyd dat sibaarheid en earlike Polisiemanne en vroue oral in elke dorp en stad patroleer…dit is moontlik

Leon ·

R800.00 ????? en dis die laaste sien van hom ook. Daar is regtig groot fout met ons regsstelsel, miskien moet daar ook begin navraag gedoen word oor die wettigheid van die regslui se grade–geen wonder ons is ‘n bespotting in die buiteland se oë nie

Theresa ·

Ja, mense leef hul uit in ‘n beroepsrigting waar hul wil sonder enige nagevolge…
Hier in die omgewing is ‘n man wat spitsverkeer rondorder en al groot chaos en byna-ongelukke veroorsaak het. Hy is nie van Metro nie. Hy is nie van Outsurance nie. Hy’t bloot ‘n baadjie iewers in die hande gekry en kom uit die veld (waar hy nie wettig woon nie) en begin arms rondswaai. Lekker, nê?! En geen haan kraai daaroor of daarna nie. Dalk kan iemand so gaaf wees om ‘n nommer te verskaf waarheen mens kan bel as hy weer so lekker werk… Pretoria omgewing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.