Polisieman wat glo ontsnaptes help hoor oor borgtog

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Adjudant-offisier van die polisie het Woensdag in die Modimolle-landdroshof verskyn vir sy beweerde betrokkenheid by die ontsnapping van 13 verhoorafwagtende gevangenes.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê Alias Mothloki (56) is op borgtog van R1 500 vrygelaat. “Hy is Vrydag in hegtenis geneem en het in die hof verskyn op 13 aanklagte van bystand in die uitvoer van ʼn misdaad en twee van korrupsie.”

Volgens Otto het die gevangenes Mothloki glo in Maart vanjaar betaal om hulle te help ontsnap uit die Modimolle-polisiestasie se aanhoudingselle. Die saak teen Mothloki is tot 3 Junie uitgestel.

Nege van die 13 gevangenes is intussen weer in hegtenis geneem. Die soektog na Given Mogashone, Dennis Jove, Forgive Mgube en Collin Muleya duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Xa ·

Borgtog??!! Wat n siek land en regstelsel!!! Vir R1500?? Hy het sekerlik baie meer as dit gekry vir sy dienste, wys net hoe winsgewend is misdaad, selfs in die polisie, selfs al word jy gevang!!! Die ou gaan sekerlik gou bevorder word.

m ·

Dit slaan my dronk om te dink dat iemand wat elke dag met die skuim van die aarde werk hulle help om te ontsnap net om weer te vermoor, wat ook al……… Hoe laag kan mens daal.

Willie ·

Nogals iemand met n kamstigge rang… dis laag en gemeen….. Joh…. weereens n skandaal vir SAPD…. wonder soms wie Dien hulle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.