Polisieman wat glo polisiekantoor wou beroof in hof

Konst. Mpho Matsoso. Foto: SAPD

Konst. Mpho Matsoso. Foto: SAPD

Die polisiekonstabel wat in hegtenis geneem is vir sameswering om die Dunnottar-polisiekantoor, net buite Springs in Gauteng, van vuurwapens te beroof, het Woensdag in die hof verskyn.

Lt. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê konst. Mpho Matsoso het in die Nigel-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord, korrupsie, gewapende roof, sameswering om ʼn misdaad te pleeg, opsetlike saakbeskadiging en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Hy sal volgende week weer in die hof verskyn om vir borgtog aansoek te doen. Tot dan sal hy in polisieaanhouding bly.

Maroela Media het vroeër berig Matsoso is Dinsdag in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid by ʼn gewapende rooftog by die Dunnottar-polisiekantoor op 8 Junie vanjaar.

Konst. Mpho Matsoso. Foto: SAPD

Konst. Mpho Matsoso. Foto: SAPD

Matsoso het glo met drie gewapende rowers saamgesweer om die polisiekantoor van vuurwapens te beroof.

Die beplande rooftog het egter skeefgeloop toe die rowers deur twee polisiebeamptes gekonfronteer is. Die beamptes het teruggeskiet toe die rowers op hulle losbrand en die rowers het met leë hande gevlug. Een van die polisiebeamptes is agt keer geskiet.

ʼn Maand ná die rooftog is Mduduzi Jali (49)‚ Prince Mnisi-Thobe Zondozi (38) en John Molefe (45) in Kwa-Thema vir die rooftog in hegtenis geneem. Telefoongesprekke wat Matsoso met die drie verdagtes verbind, het glo intussen aan die lig gekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

GES ·

Kan sulke mense nie van hoogverraad aangekla word nie? ‘n Persoon wat die polisie of weermag teiken is lankal nie meer ‘n gewone misdadiger. Ek is bevrees hy gaan na ‘n uitgerekte hofsaak dalk net ‘n opgeskorte vonnis kry.

MM ·

Hy sal dalk tronk toe gaan, maar sal sy pos terug kry in die Polisie sodra hy klaar sy vonnis uitgedien het. Ek weet van so ‘n geval by ‘n Polisie stasie in Pretoria, en wat weer daarna geroof het en hom toe self geskiet het.

GES ·

Kan sulke mense nie van hoogverraad aangekla word nie? ‘n Persoon wat die polisie of weermag teiken is lankal nie meer ‘n gewone misdadiger. Ek is bevrees hy gaan na ‘n uitgerekte hofsaak dalk net ‘n opgeskorte vonnis kry.

Winston ·

Pasop nou dat hy nie onskuldig bevind word en na n jaar met volle terugbetaling van sy salaris weer aangestel word nie. Vra my ek weet, nie vermoed nie; weet van sulke gevalle. Dan verwag hulle jy moet hulle kontak as jy n moordenaar doodgeskiet het?

vermeende ·

Elke dag is daar n polisieman wat gevang word vir die een of ander misdaad. En nog steeds se mense bel die polisie???
Wat gaan aan dat mense nie kan sien die polisie het daal van die probleem geword nie.
Hierdie arrestasies is nie n bewys dat die polisie misdaad in sy binne kringe beveg nie, net die blote hoeveelheid sake teen die polisie is die bewys dat die korrupsie probleem baie groter is as wat enige een dink of besef. Almal word tog nie gevang nie en hierdie is net die punt van die ysberg!

Liewe lulu ·

Polisie aanhouding hahaha watch this space. Volgende berig….hy het ontsnap

Johann ·

Al wat hy gaan sê is dat hy besig was met teen-misdaad intelligensie, en nie betrokke by die daad self nie. Hy was natuurlik ook op die punt om die hele sindikaat bloot te lê..maar ongelukkig is hy nou gearresteer…hahahahaha

willem ·

als verander vroeer was die polisie n diens met vergoeding nou is dit n tydverdryf met vergoeding en dan kry jy die lede wat die sap se naam weg gooi deur wat het geword van goed keuring voor dat jy in diens geneem word ek ken nog n paar ou sap lede wat dit uiterse gevaarlike werk doen vir die diens dankie aan julle maar ongelukkig veroorsaak die wat net daar is om n salaris tetrek en self deel is van die misdaad dat die mense nie meer die sap vertrou nie…………… so hartseer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.