Polisieman wat glo verkrag wéér vas ná hy borgtog kry

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiekaptein van die Vrystaat wat op borgtog vrygelaat is nadat hy op aanklag van verkragting in hegtenis geneem is, is weer agter tralies nadat hy glo twee vroue verkrag en ʼn minderjarige seksueel aangerand het.

Die beampte, wat vir die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe gewerk het, moet op 16 November weer in die Frankfort-landdroshof verskyn. Die beampte was by die Mafube-polisiestasie gevestig.

Hy is die eerste keer op 22 September deur die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) in hegtenis geneem op aanklagte van verkragting. Hy is op 25 September op borgtog vrygelaat.

Ndileka Cola, Opod-woordvoerder, het gesê die beampte is op 28 Oktober weer in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van twee vroue en die seksuele aanranding van ʼn 11-jarige meisie.

Die vroue en meisie was glo die slagoffers van verkragting en seksuele aanranding en die betrokke beampte het hul sake ondersoek toe hy hulle glo ook verkrag en seksueel aangerand het.

Die beampte word onder meer van uitbuiting, korrupsie, seksuele gereedmaking, seksuele aanranding, bedrog en vervalsing aangekla.

Die beampte het bedank nadat ʼn brief met die voorneme om hom te skors aan hom beteken is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johann ·

Wie ook al borgtog toegestaan het is primer aanspreeklik. SIEK!!!!!

Frank ·

Johann, ek stem. Dis LANKAL tyd dat hierdie howe wat hierdie misdadigers so vrylaat aanspreeklik gehou word. Of ten minste op n tipe van swartlys geplaas word sodat hulle dopgehou kan word en uiteindelik van die rol geskrap word.

Persheks Adri ·

Jy weet mos dis sy totale trots Misky pffft en ons moet hulle vertrou genade nee

Genis ·

Die een borgtog toegestaan het moet vervolg word, sommer die korrupte SAPD ook… Hulle bly maar skandalig, onbevoeg, en korrup… Ou Cyril: “Your people man”….. Shameless like you and Cele… ANC comes first, or is money in your pockets?

Chantel ·

Wat het geword van die oorsponklike “clearance” wat destydse poliesebeamptes moes deurgaan nog voor hulle eers na die opleidings sentrums toe kon gaan? Dis SIEK!!!!!

Casper ·

Dit was seksuele misdrywe teen vrouens en ‘n minderjarige.Hoekom moes hy borg kry?wat se buite gewone omstandighede was daar wat borg geregverdig het aangesien dit ‘n skedule 6 misdryf is.Oom met die hoed die publiek sien jy doen nie jou werk nie en daarom my oom neem gemeenskap reg in eie hande.Goed so want ons is moeg vir geweld in die land.

Dries ·

Ons kort beslis nog tronke. Of dan eerder ‘plekke van aanhouding’. Ek dink soms borg word so maklik toegestaan bloot omdat daar nie plek is om die beskuldigdes te ‘huisves’ nie.

Swerkater ·

Natuurlik, hoe anders? Hy het dan nou een keer gesien hoe lenient is ons regstelsel met sulke misdadigers!!

Goeie werk mnr Cele!

Persheks Adri ·

Gewoonte misdaderig en hy dra uniform pffft Cele se grootste trots die klomp! Jy’s walglik verby en siel siek in jou kop man. Die regstelsel hou aan om ons te faal

Anel ·

Pleks hy die errste keer geskors was sodat dit op sy rekord ook weerspieël kan word. Nou kry hy nog se pensioen ook.

Annette ·

Dis skandalig!!!!! Siek!!! Waarom is borg toegestaan? Hoe laag kan ‘n mens daal om die wat op jou vertrou vir hulp, se lewens verder te verwoes! Einstein het gese “Just as darkness is the absence of light, evil is the absence of God”.

Maggies ·

Borgtog was toegestaan aan ‘n polisieman wat mense, wat hy moes beskerm, verkrag het. Toe doen hy dit maar sommer weer. A nee a!
Was sy naam ooit op wêreldwye seksuele oortreder en pedofiele lys geplaas? Ek sal graag wil weet.
Hoe regverdig ons regstelsel dit? Geen wonder ons land is besig om uitmekaar te val nie.

Regverdigheid ·

Dan moet ond die polisie vetrou hoe in Suid Afrika mens lees al hoe meer hoe hul betrokke is by misdaad …… Cele tree op of kyk jy verby als

Die Wolf ·

Nou ja wat kan jy verwag as hy drie coke proppies op die skouer dra.

Nie Verbaas ·

En nou hoed, nog een van jou lede? Weereens iemand wat ernstige dade gepleeg het op borgtog uitgelaat. Gesonde verstand ontwyk ANC liederlik.

JM ·

Verkragting is besig om die nasionale sport in die land te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.